KIA se Pienk vir o13s

KIA se Pienk vir o13s

Gansbaai Courant

Pauline Smith, Verkope Bestuurder van KIA Motors in Hermanus het Gansbaai Primêr se skoolhoof, Tommy Volkwyn, sowat 2 jaar gelede gekontak. Sy het haar en haar eggenoot, Sean Smith (Besturende Direkteur), se behoefte uitgespreek om by die skool betrokke te raak.

Teen die einde van 2014 het Pauline die daad by die woord gevoeg en die skool gekontak. Hulle het besluit om die Netbal 1ste span (o/13A) se toerusting te borg. Die borgskap het die volgende behels: 9 x Netbalrokkies, 9 x Sportbaadjies en 9 x Sportsakke. Die kleur van die rokkies is ‘n pragtige donker pienk en met die aantrek daarvan vir die fotosessie, het die dogters sommer pragtig gelyk en behoorlik soos modelle vir die foto poseer.

Hulle opgewondenheid is verhoog deur die feit dat hulle later op dieselfde dag van die oorhandiging (Donderdag, 23 April 2015) teen Laerskool Gansbaai ‘n wedstryd sou speel - trots in hul nuwe uitrustings. Hulle trotsheid het behoorlik geblom omdat hulle die eerste wedstryd in die nuwe sportdrag gespeel het. Ongelukkig het hulle nie gewen nie, maar wel gelyk-op geëindig met 12 elk.

KIA Motors in Hermanus se missie spreek vanself: “To provide vehicle owners and enthusiasts with quality vehicles and related products that will fulfil their wants and needs by always striving to exceed their expectations.”, asook hulle visie: “At KIA Motors Hermanus we work to create a better future every day. We expect and demand the best by always practicing our values.”

Vir goeie diens kan hulle by 028-313-1722 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by kia@kiamotorshermanus.co.za.

Hardus Botha

KIA se Pienk vir o13s

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant