Hoe kan mens vir alles Dankie se

Hoe kan mens vir alles Dankie se

Gansbaai Courant

“Wees altyd dankbaar.”  (Kol. 3:15) 

’n Mede-gelowige, en ’n vriend van my, vertel vanoggend tydens ons manne Bybelstudie hoe moeilik dit vir hom was om GOD te bly loof toe sy dogter die afgelope naweek deur ’n krisis gegaan het. Vir baie jare bid hulle as gesin, al hulle vriende en ons as gemeente dat hierdie probleem sal oorgaan, maar dit gebeur nie, dit word eerder erger. Die vraag is nou: Hoe kan ’n mens vir krisisse en siektes, pyn en terugslae, “Dankie!” sê? Hoe kan ’n mens soos Paulus hierbo in Kolossense 3:15 vra, altyd dankbaar wees?

Ja, dit is maklik om GOD te loof as dit goed met jou gaan, as jou bootjie op rustiger waters vaar. Maar die oomblik as die storms losbreek, as die krisis opduik, veral as die krisis rondom jou kinders en hulle welsyn losbars, dan is dit moeilik om te sê: “Dankie Vader, ek loof en prys U vir die siekte (kanker) in my kind se liggaam!”  Is dit moontlik om soos Job, as  sy sewe seuns en drie dogters op een slag sterf en hy boonop al al sy besittings en rykdom verloor te sê: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die HERE het gegee en die HERE het geneem. Prys die Naam van die HERE.” (Job 1:21)

Hoe het Paulus en Job dit reggekry om in die moeilikste omstandighede nog dankbaar te bly? Hulle het die HERE geken en erken as GOD in beheer! As ons deur die hele boek Job gelees het, sal ons tot die gevolgtrekking kom: Ons moet GOD vertrou, ongeag die omstandighede.  Paulus weet dat GOD se genade genoeg is – selfs al kry ons hoe swaar, of verstaan ons nie ons omstandighede nie. Weet dit en aanvaar dit: “Ons weet dat GOD alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Rom 8:28) GOD het ons verseker dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek laat nie. (Heb.13:5)

Ons kan GOD nie in ons eie klein blokkie of skema indruk nie. Hy is groter en magtiger as wat ons ooit kan dink of droom. As ons GOD deur Sy Woord leer ken en verstaan, sal ons in ’n baie besonderse verhouding met Hom te staan kom en leer om Hom in alle omstandighede te vertrou – en dan ook begin om Hom te loof en prys vir elke ding wat in ons lewe gebeur. Probeer om dit te doen. Sê dankie vir elke saak in jou lewe. Hoe moeilik of hoe swaar dit ook al mag wees. Uit jou dankbaarheid kom daardie innerlike vrede waarvan Paulus in dieselfde vers 15 van Kolossense 3 praat: “En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee......Wees altyd dankbaar.” Sê dankie vir alles! GOD is teenwoordig in jou pyn. Hy verstaan. Prys Hom daarvoor!

Hoe kan mens vir alles Dankie se

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant