omGee Puren Bediening vier 1ste Verjaardag

omGee Puren Bediening vier 1ste Verjaardag

Gansbaai Courant

Die afgelope naweek het o.m.G.e.e Puren Bediening op  Pearly Beach met groot dankbaarheid hulle eerste verjaardag gevier.

Van ’n entoesiastiese begin in Mei 2014 het die Bediening wat soos wat o.m.G.e.e voor staan: Ons Moet GOD Erken en Eer, beslis aan die verwagtinge voldoen om die Woord van GOD lewendig en kragtig aan Christene oor te dra. Ons wil regtig vir mekaar OMGEE en daarom is die gees van liefde en hartlikheid wat tydens elke erediens en byeenkoms deurkom ’n wonderlike getuienis van GOD se liefde vir almal.

Op Saterdag 2 Mei is daar by die saal wat deur Jan en Nelia Koekemoer gratis aan ons beskikbaar gestel word lekker saam gekuier en liedere tot eer van die Koning gesing. ’n Heerlike maaltyd het die aand afgerond. Op Sondag 3 Mei om 11:00 het Ds. Deon Kloppers die 50ste erediens gelei waar die tema van genade wat ook die tema van die hele jaar is, sterk deurgekom het met die boodskap: “As Jesus se dissipels moet ons mekaar liefhê en aanvaar sodat die mense GOD al meer sal raaksien in ons lewe.” (Romeine 15:7) Die voorbeeld is gebruik van Christene wat almal saam op GOD se Broeder-skip (Fellow-ship) vaar op pad na die ewige eindbestemming toe. Elkeen van ons het ’n taak om op die Broeder-skip te verrig en tot eer van die Kaptein (GOD die Vader) te werk. Party red gedurig mense uit die see uit wat verdrink en ander maak vir hulle kos. Sommige is besig om die kanonne van gebed en aanbidding te beman terwyl ander weer besig is om die bemanning op te lei. GOD se genade het ons almal Sy skip gelaai en met liefde teenoor mekaar moet ons ons dankbaarheid betoon.

Na die nagmaal  is daar op  die nou-al-kenmerkende-manier aangesit vir ’n  middagete waar daar heerlik gekuier is. Ons wil regtig baie dankie  sê dat die Hemelse Vader ons so ryklik seën met ’n groep Christene wat onbaatsugtig mekaar dien en dra. Ons GEE regtig vir MEKAAR OM! Iemand het eenkeer gesê: “Ons onthou altyd wat  tydens die erediens gesê is, maar ons vergeet nooit hoe ons gevoel het nie!”

o.m.G.e.e Puren Bediening sal uit sy pad  gaan om GOD se liefde aan ieder en elk oor te dra, - dit  gaan immers oor Sy eer alleen!

“To live above with those we love – oh, how that will be glory!; To live below with those we know  - now that’s  another story!”

omGee Puren Bediening vier 1ste Verjaardag

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant