Bietoubossers plant vir n vale

Bietoubossers plant vir n vale

Gansbaai Courant

 “Op 10 Maart was dit die ene bedrywigheid by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes - Die Bietoubosklub se Omgeeprojek vir 2015 het werklikheid geword,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Sy sê Aletta Lochner en haar span het vroeër vanjaar al begin om voorbereidings te tref sodat die tuin by die Tehuis opgradeeer kan word. 

Die grond is vooraf voorberei en van die lede het reeds steggies gebring wat geplant kon word. Alles is gedoen met die hulp van Thando wat gate gegrawe het vir nuwe plante en by dié byeenkoms het elke teegroep die geleentheid gekry om hul plante te plant. Elizma sê sy het gehoor daar was van die inwoners wat net so opgewonde gehelp het om van die eerste plante in die grond te kry.

“Ongelukkig was daar nie genoeg spasie om almal saam te laat tee drink nie, maar die inwoners kon ook hul tee geniet met ‘n spesiale eetdingetjie wat spesiaal deur Aletta Lochner en Marie de Jager voorsien is, met hulle wat ook die byeenkoms gereël het. “Waar Aletta is, word daar gesing - eers het Aletta se koor opgetree en daarna kon al die besoekers lustig saamsing, met kitaarbegeleiding deur Chris van Zyl,” vertel Elizma, “en die sangtema was natuurlik liedjies oor blomme.”

Die oggend se teegeld was ten bate van die kompos en plante wat nog aangekoop moes word, met die Bietoubossers wat nie oor dié oggend se ekstra belading omgegee het nie. Na die teedrinkery is almal na buite en is daar met die “plant van die jaar” begin. Rentia van Jaarsveld en Marlene van Rooyen het ‘n spesiale tuinhoekie voor by die ingang gemaak. “Met die eerste resultate kan ‘n mens reeds sien dat die tuin nog baie plesier vir die inwoners van Herberg-aan-See gaan bring.” Foto’s is deur Elizma de Lange geneem.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers plant vir n vale

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant