Wanneer om anker te gooi

Wanneer om anker te gooi

Gansbaai Courant

Die water is die eendag mooi en die volgende is die see weer ontoeganklik vir ‘n boot, nogtans is daar die naweek makriel, hotties, kolsterte en selfs ‘n mooi geelbek  gevang. Met die warmer seetemperatuur en seewinde aan die kom, wie weet…?

‘n Hardebaard het eendag aan my gesê dat boothengelaars deesdae die GPS so gebruik dat dit hulle vangste negatief beinvloed. Sy mening was dat die manne slegs gaan na plekke wat “geplot” is en glad nie meer op ander plekke probeer vang nie. En natuurlik ook daar anker gooi. Dit gaan vandag juis oor wanneer die anker gebruik moet word, en in sommige gevalle, hoe.

Een manier om die net ‘n bietjie wyer te span is om, wanneer jy op pad is na ‘n plek wat op die GPS aangedui is, so entjie duskant, stadiger te vorder en die visvinder dop te hou in geval jy ‘n belowende plekkie opspoor. Belowend? Gewoonlik ‘n riffie. Gewoonlik. Vergelyk bietjie hoe dit lyk by die Moddergate. Dis moeilik om anders as gelyk grond daar waar te neem. En tog, gaan lê met jou lyn op die bodem en vassit is jou voorland.

Maar dis hier waar jy op die regte tyd baie kabeljou aankeer en nogal ‘n verskeidenheid ander vissoorte ook. Afhangende watter soort vis jy soek is ‘n rif nie altyd die antwoord nie.

Waarom normaalweg na ‘n plekkie gegaan word wat reeds op die GPS geplot is is omdat daar by ‘n vorige geleentheid gewoonlik goed gevang is, en dit sê mos dat daardie besonderse plekkie deur die vis verkies word. Somtyds, ja. Daar is egter baie ander plekke wat dalk meer gewild is, maar beproef jy hulle ooit?Terug by die anker. Indien die water stil is is dit soms ‘n goeie plan om eers op die dryf te probeer  --  en indien nodig, dán die anker te laat sak. Op die dryf is in elk geval verkieslik vir roman. Met ‘n sterkerige wind en/of ‘n sterk stroom is dit wel wys om die anker te gebruik. En nou kom ons by ‘n ander punt. Jy is juis op soek na daardie riffie en, hoera, jy beland op hom. Dan sal jy ‘n entjie oor hom ry en die anker daar laat sak, want jy dryf mos  terug totdat jy weer op die “spot” is. Let eers op uit watter rigting die wind kom en of daar ’n stroom is. Besluit dan eers wanneer die anker gebruik moet word (vanuit watter rigting). Dit sal help wanneer jy nie kan verstaan nie waar daardie riffie dan heen is! En onthou dat met ‘n ankertou (en ‘n behoorlike ketting vooraan) wat lank genoeg uitgelaat word, is die kans skraler dat jy gaan dryf en weer moet begin soek. Lekker vang, Seemeeu

Wanneer om anker te gooi

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant