Birkenheaders se Blinklywe

Birkenheaders se Blinklywe

Gansbaai Courant

Birkenhead Boothengelklub se hengelaars kon gelukkig op Saterdag, 2 Mei 2015 weer see-toe en dit het sommer goed gegaan. Dit was die klub se 6de kompetisiedag, waarvan net 4 as kompetisiedae benut kon word as gevolg van weersomstandighede. Marie's Boutique, Art & Beauty Shop van Marie Reid het die kompetisie geborg. 5 bote het ingeskryf, waarvan 4 ingeweeg het, met ‘n totale bemanning van 16 wat deelgeneem het, waarby 2 dames en 2 juniors ingesluit was. 9 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 160 met 'n totale massa van 45.45kg, wat ‘n gemiddeld van 2.84kg per hengelaar beteken.  

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Gavin Engelbrecht (Rooi roman - 2.4kg); 2de swaarste vis, Philip Fourie (Hotnot - 1.55); swaarste sak (8.7kg), Philip Fourie; 2de swaarste sak (5.95kg), Johan Burmeister; swaarste bootgemiddeld (6.38kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (2.45kg), Relêks 2 van Jean Downing; Dame Swaarste sak (4.50kg), Christelle Burmeister; Junior Swaarste sak (1.25kg), Hennie Groenewald.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Relêks 2 van Jean Downing (14.76kg); Oupa van Ben Uys (14.34kg); Nu-Nu van Johan Burmeister (14.31kg). Mans Visvangkampioene - Jean Downing (20.10kg); Philip Fourie (17.80kg); Ben Uys (16.50kg). Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (9.4kg). Junior Visvangkampioene - JP Uys (15.15kg); Hennie Groenewald (9.0kg). Hennie spog ook met ‘n Jan Bruin Vis (1.25kg) met sy uitsonderlike blou oë wat hy gevang het. Die Jan Bruin (Gymnocrotaphus curvidens) is ‘n vis wat slegs aan die suidkus van Suid-Afrika voorkom. Die vis is oranje/bruin van kleur met helder blou oë. Dit kan tot 50cm lank word en weeg dan 3kg en kom gewoonlik naby die land voor en gaan selde dieper as 50m in. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 6 Junie 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand. Kennis moet geneem word dat daar nie eerskomende Sondag ‘n Moedersdagete sal wees nie. Die maandelikse funksie (Country & Western-tema) en prysuitdeling sal wel volgende Saterdag, 9 Mei plaasvind. Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, of aan Johan Wiese by 084-680-1269.

Hardus Botha

Birkenheaders se Blinklywe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant