Du Toitskloof Tops

Du Toitskloof Tops

Gansbaai Courant

Tydens Gansbaai Wynproegilde se April-byeenkoms het Suzette Lamprecht van Du Toitskloof Wynkelder gewys dat hulle “elke-dag-se-wyne” beslis “tops” is. “Die kelder is in 1962 met net 6 lede begin en die eerste druiwe vir die kelder is gedurende Februarie 1963 aanvaar,” het sy gesê.

“Tans is daar 22 lede-plase met 1,600 werkers en hul families wat by ons opleidings- en sosiale opheffingsprogramme baat vind.” Sy het ook na die werkers se gemeenskapsaal, 3 kleuterskole en ‘n mobiele biblioteek, wat tans 19 omligggende skole bedien, verwys. Die byeenkoms is te Lighthouse Tavern op die Dangerpoint-pad van Julia Barlow aangebied en is weer eens goed bygewoon.

Die geselligheid is met vonkelwyn afgeskop, met onder andere die volgende wyne wat daarna te proe aangebied is: 2013 Carberet sauvignon, 2014 Chenin blanc, 2013 Merlot en 2014 Sauvignon blanc, met laasgenoemde wat ‘n eerste was om in ‘n gerieflike en smal 3ltr boks bemark te word. “Die kwaliteit daarvan is presies dieselfde as die wyn in bottels, alhoewel mense steeds die verkeerde persepsie van ‘bokswyn’ het,” het Suzette gesê.

Daarna het Suzette die lede en gaste aan ‘n interessante kombinasie voorgestel: hulle Vonkelwyn gemeng met hulle Rooi Muskadel (2012) wat deur almal as ‘n smaaklike skemerkelkie beskryf is. Julia se spyskaart het seker gemaak die wynproe-aand kom tot sy volle reg: voorgereg - Meaty veggie soup; hoofgereg - Farmhouse pasta & slaai; nagereg - Arm Man se Sondag Poeding & vla. Blyke van waardering is daarna aan die Suzette en Julia oorhandig en soos gewoonlik het Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms gesellig tot laataand aangehou.

Die volgende byeenkoms sal op Vrydag, 29 Mei 2015 in die Great White House, Kleinbaai aangebied word, met ‘n aanbieder van Barton Wynkelder.

Vir meer besonderhede rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Du Toitskloof Tops

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant