Bietoubossers en Medical Response

Bietoubossers en Medical Response

Gansbaai Courant

Die Bietoubossers se onlangse byeenkoms het met hartaanvalle, beroertes, verstikking en dies meer gepaardgegaan. Gelukkig nie onder hulle lede nie, maar in die sin van goeie advies deur Overstrand Medical Response se knap span deskundiges, Cassie Carstens, Riaan Buys, Chantelle Colyn en Kobus van der Merwe.   “Leonie Botha en haar span was vir die byeenkoms verantwoordelik en daar is sommer weer gesellig saamgekuier en ‘n eetdingetjie geniet,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Die hoogtepunt van die oggend was Overstrand Medical Response en hulle aanbieding en gesprekvoering met die dames.” Daar is aan hulle verduidelik dat die span in twee skofte 24/7 aan diens is met twee ambulanse en twee reaksie-voertuie.

“Belangstellendes wat by hulle as lede wil aansluit, kan baie, baie geld bespaar,” sê Elizma. “Nie-lede betaal groot bedrae en uitroepfooie, wat steeds goedkoop in vergeleke met ander plekke is, terwyl lede basiese dienste soos uitroepe vir bloedsuiker, bloeddruk, suursof, brandwonde en EKG’s alles gratis ontvang.”

Sy sê ambulansvervoer vanaf Gansbaai na Hermanus beloop R1,000 (lede) en R3,000 (nie-lede) en vanaf Pearly Beach na Hermanus is dit R1,500 (lede) en R4,000 (nie-lede). “Hierdie is enorme besparings vir lede en ‘n groot deel van die dames was gemotiveerd om by hulle as lede aan te sluit, wat ons ook sterk by enige ander persoon sou aanbeveel.” Overstrand Medical Response is ook geregistreer om by Mediesefondse te eis en hierdie gedugte span het geen bekendstelling in hierdie omgewing nodig nie. Hulle dienste en optrede is deurgaans onverbeterlik en vinnig. Maandelikse lidmaatskapfooie vir soveel gratis dienste beloop ‘n skrale R100 per maand, met ‘n eenmalige administrasiefooi van R50. Hulle kan by 078-427-8647 (Cassie) of 083-881-3631 (Riaan) gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by overstrandmedics@gmail.com.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.                  

Hardus Botha

Bietoubossers en Medical Response

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant