Rachels Angels Markdag

Rachels Angels Markdag

Gansbaai Courant

Op Saterdag 16 Mei het dit behoorlik gegons op Gansbaai se sportgronde met die tweejaarlikse Rachel’s Angels Markdag. Academia was vanjaar die gasheerskool. Daar het 20 skole aan die Markdag deelgeneem.

Leerders moes hulle stalletjies opmaak en hul goedere verkoop. Academia se Angels het die heerlikste koekies verkoop wat hulle self gebak het. Voor die markdag begin het, was daar ‘n drie kilometer ‘pikkewynstap”. Dit het by die skool begin en by Gansbaai Kliniek geëindig. Die vinnigste pikkewyne was Tyrell Spandiel en Sangiro Felix. Op die verhoog was die seremoniemeesters die bekende Kim Cloete en Karl Ahari. Die verwelkoming is deur professor Rachel Jafta behartig. Die eerste kunstenaar was London van Idols faam gevolg deur Hemelbesem. Tussendeur is stalletjies bekendgestel. Ook op die verhoog was Oshri, Beatenburg, Tribal Echo en Mej Suid-Afrika. Die Mnr en Mej Rachel’s Angels is ook deur die loop van die dag gekies, asook die beste stalletjie.                                                                                           

Liezel Mostert

Voorbereiding vir Markdag

Academia se ses Rachel’s Angels het Dinsdag 5 Mei in Khayalitsha al hul voorbereidings vir  die markdag op 16 Mei reg gekry. Die leerders het koekies gebak ten bate van die Khayalitsha Cookie Company om hul deel vir liefdadigheid te gee. Op dieselfde dag is die leerders van die skoolkoerant ook saam en hulle is gewys hoe om ‘n “apps” vir die internet te bou. Die leerders kon eerstehands sien hoe ‘n webtuiste geskep word en het ook interessante nuwe tegnieke geleer om hul berigte vir die skoolkoerant te skryf. Die dag se verrigtinge is deur die Rachel’s Angels en Media 24 gereël.

Liezel Mostert

Rachels Angels Markdag

Monica Hayes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant