Die Heilige Gees werk in en deur almal!

Die Heilige Gees werk in en deur almal!

Gansbaai Courant

“Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.” (1 Kor. 12:4,7) 

Die Christen kerk staan in hierdie tyd stil rondom Pinkster, oftewel die herdenking van die uitstorting van die Heilige Gees. Elke Christen word hierdeur geraak aangesien NIEMAND Jesus as HERE kan bely as dit nie deur die werking van die Heilige Gees is nie!  (Vgl. 1 Korintiërs 12:3) Voordat Jesus opgevaar het na die hemel het Hy aan Sy dissipels die versekering gegee dat Hy hulle nie alleen sou agterlaat nie, maar dat Hy die Heilige Gees as “Voorspraak/Trooster/Helper” sou stuur om by hulle te wees tot aan einde van die tyd (Lees eers Johannes 16:7-15). Jesus noem ook die Heilige Gees, die Gees van Waarheid – wat hulle in alle waarheid sal lei.

Tog is dit so dat baie groepe of gelowiges die werking van die Heilige Gees wil beperk tot wat hulle dink is waar.

Of dat net sommige Christene die krag van die Heilige Gees kan ervaar. Dit laat baie gelowiges twyfel of hulle dan enigsins die Heilige Gees in hulle lewe het, of dat die Heilige Gees hulle kan gebruik as instrumente. Die volgende vertelling van ’n prediker, ene Fred Rogers,  verduidelik dit vir my die beste: “Jare gelede het ek en my vrou saam met mede-predikers ’n diens bygewoon in ’n klein kerkie. Ons as predikers moes as deel van ons opleiding aantekeninge maak oor wat ons as foute of positiewe punte ervaar het. Ek het sowat 80 foute opgemerk. Toe die lang uitgerekte preek klaar was, het ek na die kollega langs my gedraai om iets krities oor die preek te sê. Ek het myself betyds gekeer toe ek die trane van haar wange sien afrol.

Sy het vir my gefluister: “Hy het presies gesê wat ek nodig gehad het om te hoor.”  Dit was een van my grootste lewenslesse oor die Heilige Gees. Terwyl ek krities geoordeel het, het die Gees haar deur die preek aangespreek. Die Heilige Gees wil aan ’n behoefte/nood voldoen en nie aan my oordeel nie.”

Dalk moet ons net meer toelaat dat die Heilige Gees voortgaan met Sy werking in ons almal se lewe. Elke Christen wat GOD opreg wil  dien is ’n instrument in die hand van die Heilige Gees. Ook ek en jy. Veral die minderwaardiges het ’n plek in die liggaam van Christus. (1 Kor. 1222,23) Gaan sit vir ’n slag stil, in jou binnekamer, of langs die see en sien hoe die Gees van Waarheid, GOD se Trooster, met jou wil werk. Hoe meer jy jou oopstel, sonder jou eie voorkeure of afkeure, hoe makliker sien jy GOD se kragtige werking in jou lewe.

Dis nie ons wat die Heilige Gees besit nie, maar wel die Heilige Gees wat in besit is van ons lewe!

Die Heilige Gees werk in en deur almal!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant