Onder 19A Rugbyspan Academia se trots

Onder 19A Rugbyspan Academia se trots

Gansbaai Courant

Sedert die rugbyseisoen begin het, het die onder 19A rugbyspan behoorlik tande gewys. Na agt agtereenvolgende wedstryde is die span onoorwonne. Skole in die distrik is deeglik bewus van hierdie gedugte rugbyspan wat onder die uitstekende leiding van mnr Wynand Bezuidenhout en mnr Dennver August die skool se spogproduk is.

Uitslae van die span is soos volg: Eben Dönges: 45 – 17; Kassiesvlei: 9 – 5; Albert Myburgh: 17 – 7; New Orleans: 14 – 7; Swartberg: 21 – 0; Agulhas Vaardigheidskool: 20 – 14; Eben Dönges 8 – 3 en Riviersonderend 45 – 20.

Die span bestaan uit: Verryenne van Tonder, Alexander Goss, Jason Groenewald, Mynard van Niekerk, Jayberry Mauries, Sylvino Europa, Nardie Groenewald, Abre – Jzahn Spandiel (kaptein), Jeremy Titus, Reginald Alexander, Tyrelle Spandiel, Lenando Mert, Fritz Hill, Shaun Memanie, Geortrin Wildschut, Clifford Hill, Kobus Truter. Aiden Wildschut, Sidwill Lottering, Roeben Dreyer, Ithayi Bango, Johann Plaatjies, Victor Abrahams, Angelo Vergotine, Geolin Baardman en Leroy Marthinus.

Die seuns oefen elke Dinsdag en Donderdag en Woensdae en Saterdae is hulle op hul pos om wedstryde te speel. Aangesien Academia ‘n geen – skoolfonds – skool is, is vervoer ‘n groot kopseer. Dit kos gemiddeld R 100 per speler om vir ‘n gehuurde bus te betaal. Dit beteken ongeveer R 2 300 per wedstryd wat weg gespeel word om ‘n bus te huur. Die span is dringend op soek na ‘n borg vir vervoer of enige donasie sal ook welkom wees. Dit sal wonderlik wees as die gemeenskap agter die jong manne kan staan en die trots van die skool en Gansbaai sal ondersteun.

Liezel Mostert

Onder 19A Rugbyspan Academia se trots

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant