Fotografieklub se Bome

Fotografieklub se Bome

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub het Maandag maar net weer eens bewys dat hulle weet hoe om foto’s te neem. Voorsitter Riaan Jacobs het enkele afkondigings en toekomstige aktiwiteite bespreek, waarna die Aanbiedings- en Mediabeampte, Marc du Plessis die tema-foto’s, Bome/Trees, vertoon het. Opbouende kommentaar en kritiek is gelewer, maar almal was dit eens dat die foto’s wat vertoon is, van uitstaande gehalte is.

“Maar dit mag nooit beginners of lede met mik-en-druk kameras ontmoedig om as lede voort te gaan of by die klub aan te sluit nie,” het Riaan gesê. “Inteendeel, ons is nou weer besig om onderskeie kategorieë te ontwikkel om alle lede ‘n gelyke kans te bied.” Die bome-foto’s het gewissel van bome met berge, water of wolke in die agtergrond, tot by enkelstamme en selfs ‘n groot kwas in ‘n stam - die een foto so kreatief soos die ander een. Daar is ook verwys na foto’s met ‘n “storie” daaragter wat ook ‘n groot impak oplewer.

‘n Goeie voorbeeld is Riaan se foto van ‘n boom met ‘n vervalle huisie half onder die boom. Riaan vertel: “Die storie is soos my ma (86 ) dit aan my vertel het. Haar grootouers, “Langboeta” Coenraad Fourie en Johanna (Nooi Blom), het daar gewoon en geboer en my Ouma Kooitjie Lourens is daar in 1902 gebore. My Oupagrootjie is in 1935 daar oorlede en sy seun, Jannie Fourie, het verder geboer totdat hy na Napier verhuis het. Die huisie soos dit tans lyk, is maar net ‘n deel van die groter plaaswoning en daar was baie vrugtebome. Al wat nog oorbly is die akkerboom wat jare gelede amper uitgebrand het en die klein huisie wat nog staan. Dit staan op die plaas Vredenburg op die Sandies Glen pad naby Salmonsdam.”

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Hardus Botha

Fotografieklub se Bome

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant