Om in alles tevrede te wees

Om in alles tevrede te wees

Gansbaai Courant

“Ek weet wat dit is om te min te hê en wat dit is om oorvloed te hê. Maar ek laat nie toe dat sulke dinge my onderkry of met my weghardloop nie. Ek is altyd tevrede, wat my ook al tref. Dit maak nie saak of ek sonder ’n krieseltjie kos gaan slaap of soveel kos het dat ek dit nie alles kan opeet nie. Of ek net die klere aan my lyf het en of ek ’n huis vol goed op my naam het, vir my is dit eintlik maar om’t ewe. Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is” (Fil 4:12-13: Die Boodskap).

Lees weer hierdie gedeelte wat deur Paulus in Filippense 4 geskryf word. Dit kom uit die mond van ’n man wat in die tronk sit terwyl sy liggaam deurtrek is van pyn as gevolg van marteling en ’n paar keer wat hulle hom 39 houe met ’n kats toegedien het. (’n Kats is ’n gevlegte sweep met klein skerp stukkies yster. Met elke hou wat jy geslaan word, byt hierdie yster in jou vel in en skeur uit as hulle dit terugtrek!)

En dan dink ons ons kry swaar onder beurtkrag, hoë kospryse en ’n onbevoegde regering!

“Ek is altyd tevrede, wat my ook al tref!” ’n Mens kan dit alleenlik sê as jy weet GOD is in beheer en dat Hy altyd in jou lewe teenwoordig is! As jy net vaskyk in wat jy nie het nie, sal jy altyd ontevrede wees met wat jy het! As Christen, kind van GOD, erfgenaam van die ewige lewe, mag jy nie ontevrede raak met wat GOD in jou lewe toelaat nie. Dieselfde Heilige Gees wat ons oortuig het om te glo in Jesus Christus bewerk ook in ons ’n gees van geduld, nederigheid en dankbaarheid! (vgl. Galasiërs 5:22,23). Vervulling met die Heilige Gees het juis daarmee te doen dat ons hierdie vrug van die Gees moet beoefen, sodat GOD daardeur verheerlik kan word.

Hoe kry Paulus dit dan reg om in alles tevrede te wees?  Paulus sê: “Ek is tot alles in staat deur Jesus wat die bron van my krag is.” (Fil. 4:13) Kyk weer mooi waar hierdie vers lê. Nadat hy vertel het van al sy swaar en tekortkominge, sê Paulus dat Jesus hom die krag gee om deur al hierdie dinge te gaan. Dieselfde krag is ook in jou. Voordat jy sê: “Ek kan nie meer nie!” kyk verby jou probleem en sien Jesus raak wat jou bystaan. Hy neem nie noodwendig jou probleem weg nie, maar gee jou die krag om daarmee te “cope”. Hy wil hê jy moet Sy krag, wat in jou is, gebruik om jou krisis aan te pak. Hy sal jou nie alleen los of toelaat dat jy bokant jou kragte beproef word nie! (1 Kor. 10:13).

Kyk met nuwe oë na jou situasie. Sien Jesus raak wat jou bystaan en leef tevrede en in vrede!       

Om in alles tevrede te wees

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant