Hermanus FynArts

Hermanus FynArts

Gansbaai Courant

Besoekers aan Hermanus FynArts sal van 5 tot 16 Junie uit ‘n wye verskeidenheid van die beste in Suid-Afrikaanse kuns kan kies.

Dit is die derde jaar wat hierdie versmelting van kunstefees en winterskool, ‘n inisiatief van Hermanus Toerisme, plaasvind. Die program sluit onder meer uitstallings, rolprente, musiekuitvoerings, konserte, praatjies, werksessies, demonstrasies, fynproewer-etes, wynproeërye en kinderprogramme in.

“Die program van FynArts 2015 bou nie net voort op die eerste twee jaar se sukses nie, die verskeidenheid is groter en die program het van verlede jaar se 80 items tot 120 gegroei,” sê Mary Faure, voorsitter van Hermanus Toerisme en direkteur van FynArts. “Daar is vanjaar reeds aanduidings van nog groter belangstelling in FynArts se winterskoolprogram, wat bestaan uit kort praatjies van 50 minute, besprekings en demonstrasies, kort werksessies van twee uur en werksessies wat oor twee tot drie dae strek.”

Christopher Hope met ‘n skryfwerksessie, The Novel: Where Fact Meets Fiction en Mike Nicol (misdaadromans). Vir die liefhebbers van digkuns sal Karin Schimke 'n werksessie oor drie dae, What if a Poem were a House?, aanbied. 'n Korter skryfwerksessie sal deur Duncan Minshull, wat 25 jaar by BBC gewerk het, aangebied word.

Daar is ook ander verskeie werksessies vir kunstenaars: Pieter Vermaak se Celebrate Oils; Journey through a Rainbow deur Monique Day-Wilde; Focus on Landscape deur Sue Kemp; Working with Clay deur Tania Babb; Creating Collage en Introduction to Mosaics deur Alex Forsyth; Silwersmith and Design deur Ralph Watson. Vir musiekliefhebbers sal prof Heinrich van der Mescht verduidelik hoe om na klassieke musiek te luister.

Prof Deidre Russell-Bowie van Australië verduidelik hoe om kinders se selfvertroue deur kuns te ontwikkel met haar kort kursus, Integrating the Arts with Literacy. Leanne Dryburgh, Wes-Kaaapse bestuurder van die SA Vereniging van Professionele Fotograwe, sal drie fotografie-werksessies aanbied: Basic Photography; Solar Walking/Low Light Photography; Photography in Zwelihle. Daar is veel meer kort werksessies om van te kies en te keur, ingesluit ‘n oggend oor fynbos met Duncan Minshull: What is the Fuss about Fynbos?.

Besoek www.hermanusfynarts.co.sa vir volle besonderhede oor die FynArts kunstefees en winterskool en die volledige program. Kaartjies is beskikbaar by Hermanus Toerisme (028-312-2629) en aanlyn by www.webtickets.co.za. Navrae: Mary Faure (Feesdirekteur) by fynarts@hermanus.co.za of Colleen Naudé (Mediaredakteur) by colleen.naude@gmail.com.

Hardus Botha

Hermanus FynArts

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant