2de Stel Vlerkies vir Tanya Kleynhans

2de Stel Vlerkies vir Tanya Kleynhans

Gansbaai Courant

 “Ek het reeds sedert 7-jarige ouderdom saam met my pa gevlieg en dit was nog altyd my droom om ‘n gekwalifiseerde vlieënier te word,” vertel Tanya Kleynhans van Pearly Beach, wat op die punt staan om haar in Namibië as ‘n kommersiële vlieënier te vestig.

Vyf jaar gelede was Tanya ‘n matrikulant toe haar pa, Theo Kleynhans van Pearly Beach, wat allerweë as ‘n uiters bekwame vlieënier bestempel is, tragies tydens die neerstort van ‘n 2-sitplek mikroligte vliegtuig omgekom het. Sy was die enigste dogter van Theo en Yulanda. Tanya se droom om ‘n vlieënier te word het sommer kort ná haar matriekjaar (2010) begin vorm aanneem toe sy in 2011 met vliegopleiding by Aerosport in Durbanville begin het. Sy het by die vliegskool gewerk en letterlik iets van alles gedoen, selfs vliegtuie in en uit die vliegtuigloodse (hangars) gestoot. “Gedurende hierdie tyd het ek geweldig baie geleer en ook baie mense in die vliegbedryf leer ken,” vertel sy.

Vir haar eerste vlieglisensie, Private Pilot Licence (PPL), moes sy by 50 vliegure uitkom. Hierdie vlieglisensie verwerf sy met trots op 15 April 2012, nadat sy onder andere etlike kere na Pearly Beach lughawe gevlieg het om vir haar ma te kom kuier. In 2013 is Tanya na Kaapstad Internasionaal vir verdere vliegopleiding en in 2014 na Worcester. Daar het sy met ongekende trots haar Commercial Pilot Licence (CPL) op 22 Mei vanjaar ontvang - 5 jaar en 1 week ná haar pa se tragiese vliegongeluk.

Vir hierdie lisensie moes sy by 200 vliegure uitkom en sy sê een van haar moeilikste vlugte was ‘n 29 uur vlug na Botswana en terug waar sy 11 ure per dag in die lug was. Haar toekomsdroom vertrou sy om in Namibië te verwesentlik waar sy vir ‘n maatskappy toeriste van vliegvervoer gaan voorsien.  

Hardus Botha

2de Stel Vlerkies vir Tanya Kleynhans

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant