In Memoriam Albertus (Lieb) Liebenberg

In Memoriam Albertus (Lieb) Liebenberg

Gansbaai Courant

Wyle Albertus (Lieb) Liebenberg is gedurende Mei met kanker gediagnoseer en is ná ‘n kort siekbed op 17 Mei 2015 in die ouderdom van 79 jaar oorlede. Lieb is op 16 April 1936 in Brandfort in die Vrystaat gebore.

As jong man aanvaar Lieb ‘n pos by Mooiuitsig Wynkelder op Bonnievale en word later wynmaker by Weltevrede Landgoed. In 1966 is hy met Magdalene getroud en 4 kinders is uit die huwelik gebore: Lynné Smit, Willeen Taljaard (oorlede in 2006 na fratsongeluk), Chris Liebenberg en Ronell Nel. Hy was met 5 kleinkinders geseën: Shaun, Charleen, Sanet, Christiaan en Carli. In 1969 begin hy en Magdalene (Maggie) hulle eie besigheid op Lindeshof, ongeveer 20 km vanaf Riviersonderend waar hulle as vennote die winkel bedryf, terwyl Lieb ook ‘n vervoeronderneming bedryf.

In 1981 het hulle die besighede verkoop en hy en Magdalene aanvaar betrekkings by SASKO in Ceres. “Sedert die sewentigerjare het ons as gesin op Uilenkraalsmond oor Paasnaweke en Desembervakansies gekampeer toe daar nog in tente gekamp is,” vertel sy dogter, Lynné. In 1987 aanvaar Lieb en Magdalene die pos as Oordbestuurder en Assistent Oordbestuurder van Uilenkraalsmond Vakansieoord. “Onder hulle leiding het die kamp vanaf ‘n onontwikkelde oord met geen elektrisiteit of teerpaaie nie, ontwikkel tot die spogoord wat dit nou is met ‘n goeie infrastruktuur,” sê Lynné.

“Gedurende hulle dienstydperk het vele ontwikkelinge plaasgevind, soos houthuisies wat aan karavane geheg is, enkelstaande houthuisies wat toegelaat is, ablusieblokke wat aangebou is, die winkel op Uilkraal wat vergroot is, ‘n rioolstelsel wat geïmplementeer is en kanale vir stormwater wat gebou is.” Hy was ook betrokke by De Damme, Buffeljags en Denneoord se vakansieoorde. Magdalene het die kantoor hanteer, strandpermitte uitgereik en was in beheer van die vrouens wat die ablusieblokke skoongemaak het.

Ná hul aftrede het hulle hul op Franskraal gevestig. Magdalene is tans by haar kinders in Worcester en gaan ná haar laaste chemo-behandeling na hul tuiste in Franskraal terugkeer. Lieb laat se eggenote, Magdalene, 3 kinders en 5 kleinkinders agter.

Hardus Botha

In Memoriam Albertus (Lieb) Liebenberg

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant