Beroepsvoorligtingsdag

Beroepsvoorligtingsdag

Gansbaai Courant

Vrydag 15 Mei het die Rachel’s Angels Organisasie ‘n beroepsvoorligting dag vir al die graad 10 en 11 leerders gehou. Die leerders het deur die dag motiveringspraatjies gekry sowel as ‘n forum van mense in die bedryf wat vir hul loopbaanmoontlikhede verduidelik het. Afgevaardiges van die Universiteit van Stellenbosch was ook teenwoordig. Jolande Sauls, Bestuurder van Ikamva Jeugsentrum, het die verrigtinge begin nadat die leerders heerlike koffie en muffins ontvang het. Sy het haar lewensrys vertel en hoe sy bo haar omstandighede uitgestyg het.  

Die leerders het na die tyd kans gekry om aan haar vrae te vra. In die paneel wat die forum gelei het was Anzio Abels van die Two Oceans Aquarium, Anchelle en Joan de Villiers van Grootbos, De Wet Schoeman die direkteur van Centre for Applied Entrepreneurship asook Spurgeon Wildon en Heindrich Wyngaard (Trustee: Rachel’s Angels). Die groot fokus van die dag was om leerders die belangrikheid van entrpreneurskap te leer en hoe om bo hul omstandighede uit te styg.

Die leerders is ook toegespreek deur Luzelle Lestrade, Trustee van Rachel’s Angels en sy is ook ‘n motiveringsspreker. Die dag is afgesluit met ‘n uitstalling en inligtings tafels waar die leerders inligting kon ontvang van elke instansie.

Liezel Mostert

Beroepsvoorligtingsdag

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant