Uiteindelik, geelbek!

Uiteindelik, geelbek!

Gansbaai Courant

Heeljaar deur word gehoop dat die geelbek sal begin byt. En hoeveel keer is die weer gebruik om te besluit, vandag is die dag? Maar net soveel keer het die hoop beskaam en word daar maar weer gehoop op die volgende keer. Verlede Woensdag was die uitsondering. Terwyl die meeste van ons gereken het dis maar weer so het die manne wat hierdie goed verstaan die tekens reg gelees en besluit hierdie keer is daar pêrre en afgesit see toe. En het die manne nie goed gevaar nie! Jy sal seker kan sê maar die vangs is ook nie só wonderlik nie! Maar dit was hoogtyd en na so ‘n periode moet ‘n mens dankbaar wees en natuurlik ís die vangs dan goed.

Ek het so bietjie met ‘n baie vriendelike skipper Henry Valentyn, van Blompark gesels en hom toe die vraag gestel hoe hy geweet het dat die geelbek daar gaan wees. En sy antwoord? ‘n Logiese, “ Dis mos die tyd van die jaar en die weer is mos reg”. Wat meer het ek verwag? Daar was heel paar bote uit en behalwe ‘n paar bakke geelbek is ook makriel, mooi silwervis, geelstert, kabeljou en baie haai gevang, wat natuurlik vir die kommersiële manne baie beteken.

Die probleem is natuurlik dat die weer wat hierdie geelbek aan die byt gebring het juis kan veroorsaak dat baie bote dit nie op see kan waag nie. Die manne wat vir hierdie tipe ding ingestel is en voordeel daaruit kan trek en die regte bote daarvoor het sal die situasie mooi dophou.

Vir die res van ons, moet nie geelbeklitis opdoen en onnodig die see infoeter nie! Tussenin sal wel kans wees en dan is die tyd om dit te benut. Let wel, dis groot visse en gebruik maar ‘n ordentlike lyn en respektabele hoek. Soos ek nou die see aanskou (en daar word selfs erger voorspel) sal dit beslis nie wenslik wees (om dit saggies te stel) om met’n boot op die see te waag nie. Maar daar word wel so ‘n dag of wat stiller dae voorspel en dán moet jy reg wees. Die afwagting is daar, geniet dit! Groete, Seemeeu

Uiteindelik, geelbek!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant