Dr Lisel Joubert bekroon

Dr Lisel Joubert bekroon

Gansbaai Courant

Dr Lisel Joubert is onlangs bekroon vir haar boek, Ontmoeting met Heiliges - Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het, uitgegee deur Naledi Uitgewers. Sy het die boek teen die einde van 2013 in Gansbaai bekendgestel, wat haar nou die groot eer van die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk op die hals gehaal het. Gerrit Brand se weduwee, Lucia Brand, het die prys aan Lisel oorhandig.

“Hierdie prys is verlede jaar deur die Andrew Murray-prysfonds ingestel om Christelike- en Teologiese debuutwerk in ‘n amptelike taal van Suid-Afrika te bekroon,” skryf dr Fritz Gaum aan Gansbaai Courant.

Vanjaar was daar ‘n groot aantal inskrywings deur 6 uitgewers vir hierdie prys - in Afrikaans, Engels en Sotho, met Lisel se boek wat eenparig deur die beoordelaars as die wenboek aangewys is.

Volgens die beoordelaars is dié boek besonder toegangklik geskryf, wat van uitstekende en goeie navorsing getuig. Die bykans 60 “heiliges” wat in die boek ter sprake kom, word so beskryf dat die leser hulle as vlees-en-bloed-mense met hulle sterk- en swakpunte ontdek, maar altyd binne die konteks van hulle tyd. “Jy ontdek nie net die ‘heiliges’ nie, maar ook die God wat hulle geïnspireer het,” skryf dr Gaum.

In ‘n onderhoud met die Kerkbode het Lisel gesê dat sy in haar boek sekere keuses gemaak het oor wie die “heiliges” is oor wie sy sou skryf. Sy het haar keuse laat bepaal deur mense binne die raamwerk te plaas van “persone wat ander se verbeelding aangegryp het (of aanstoot gegee het), omdat dit wat hulle in die evangelie verstaan het, hulle anders laat lewe het”. Sy skryf in die inleiding van die boek dat heiligheid deur die jare baie dinge vir baie mense beteken het, maar dat sy juis op mense wou fokus wat in hulle konteks iets van die evangelie beliggaam het.

Lisel is met Deon getroud en vertel van haar twee kinders, Maya en Frederik (aan wie sy die boek opgedra het) wat nog dink hulle ma is “cool”.

Lisel is al 13 jaar by TEEC betrokke, wat teologiese opleiding deur afstandsonderrig aan mense dwarsoor die land verskaf en sy sê sy sou baie armer gewees het sonder daardie blootstelling. Tydens die destydse bekendstelling van Lisel se boek, het prof Robert Vosloo, dosent in Ekklesiologie aan die Fakulteit Teologie, US, onder andere gesê ‘n boek soos hierdie kan in sentiment verval, wat hier nie die geval is nie. Mense leef in vergeetagtigheid oor Bybelse kontekste en hierdie boek dra by tot die verstaan daarvan en derdens kan ‘n boek soos hierdie ‘n versoeking wees om Christelikheid te vergeestelik, maar nou word die leser daaraan herinner hoe diep hierdie “heiliges” werklik gedryf is. Naas etlike interessante agtergrondginligting, asook verduidelikings oor die begrip “heiliges” vanuit verskeie perspektiewe, word bykans 60 “heiliges”, bekendes en minder bekendes, volledig in die boek bespreek. Baie geluk aan Lisel vir hierdie eer wat haar te beurt geval het.

Hardus Botha

Dr Lisel Joubert bekroon

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant