Ferdi se 11kg Kabeljou vrygelaat

Ferdi se 11kg Kabeljou vrygelaat

Gansbaai Courant

Ferdi van Dyk (24) van Stellenbosch het op 7 Junie 2015 ‘n yslike kabeljou van 11kg gevang. “Ek het die kabeljou by die sandduine anderkant Uilenkraalsmond gevang,” vertel hy.

“Ons wou eintlik steenbras vang, toe dié grote die hoek vat en loop, en dít nogal in die winter.” Die kabeljou is 103cm lank en is met ‘n 3/0 hoek en bloedwurm gevang. Ferdi se optrede daarna sal menige hengelaar se hare laat rys, aangesien hy die pragtige kabeljou net ge-“tag” het en weer vrygelaat het nadat die voorbladfoto geneem is.

"Ek doen graag ‘n beroep op hengelaars wat die kabeljou weer vang, of enige ander vis wat ge-tag is, om my asseblief te kontak,” versoek Ferdi. Sy e-posadres is oritag@ori.org.za (031-328-8159) of hy kan by 082-678-6833 geskakel word. Hy sê hy sal dit waardeer indien die volgende inligting dan verskaf kan word: lengte van vis; spesie; datum wanneer gevang; plek waar gevang; ID-nommer op tag.

Ferdi is ‘n Finansiële Beampte by die Frederick van Zyl Instituut aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ook die seun van ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente, wat self gaande daaroor is om so gereeld as wat daar tyd is, ‘n “ou lyntjie nat te maak”, veral vanaf sy boot, “Huisbesoek”. “Onthou tog net - Ferdie het sy kabeljou sonder Huisbesoek se hulp gevang het!” sê Dirk.

Hardus Botha

Ferdi se 11kg Kabeljou vrygelaat

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant