Twee verlaat Build-It na jare

Twee verlaat Build-It na jare

Gansbaai Courant

Twee bekende gesigte by Build-It, Bennie Otto en Nicolette Otto, het Build-It gedurende die afgelope week verlaat. Bennie was vir die afgelope 10 jaar en 8 maande deel van die personeel en was “Jack of all trades”, om sy eie woorde te gebruik.

Bennie gaan nou meer gespesialiseerd werk as Streeksbestuurder van Plumlink wat ‘n tak in Hermanus gaan open. “Ek beskou dit as ‘n groot uitdaging, veral omdat ek slegs twee weke tyd het om alles voor die amptelike opening in gereedheid te kry, nadat ek ‘n week by hulle hoofkantoor in die Kaap spandeer het,” het Bennie gesê. Hy bly egter in Gansbaai aan en sal heen en weer na Hermanus ry.

Nicolette was sowat 6 jaar en 6 maande by Build-It se voorrade-ontvangsafdeling betrokke. Sy het ‘n pos by Romansbaai Perlemoenplaas aanvaar en sal daar ook in hulle voorrade-ontvangsafdeling werksaam wees. Ook sy sien haar nuwe pos as ‘n nuwe uitdaging. Altwee hierdie voormalige Build-It personeellede was bekend vir hulle vriendelike diens en goeie menseverhoudings.

Hardus Botha

Twee verlaat Build-It na jare

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant