BARC se Noodkreet en Nuus

BARC se Noodkreet en Nuus

Gansbaai Courant

Johan en Carine Lombard van Kleinbaai, asook hulle dogter, Candice, het onlangs aan BARC se noodkreet gehoor gegee deur ‘n pragtige donasie aan Gavin Huges (Veldwwerker) te oorhandig. Dit het bestaan uit katkos, hondekos, kosbakke, hondejassies (handgemaak), kombersies (self gebrei) en dies meer.

“Dis altyd ‘n groot plesier om ‘n ietsie vir die stomme diere te gee wat nie vir hulself kan praat nie,” het Carine gesê. Johan het bygevoeg dat hulle as gesin enige ander individu of besigheid uitdaag om dieselfde te doen.

Annalie Jonker van BARC het op haar beurt laat weet dat daar gedurende die afgelope 2 maande lootjies verkoop is, met ‘n skaap op die spel. Die wenner is ‘n persoon van Belhar in die Kaap, Edmund Neethling. “Dit het maar sukkel-sukkel gedurende Maart tot Mei gegaan en ons winkel was baie stil, met donasies wat ook baie afgeneem het,” sê Annalie. “Ek het die winkel bietjie mooigemaak en ons twee dames daar, Trivina en Rene, sal in Augustus al 6 jaar vir ons in die winkel werk.”

Annalie bedank ook graag almal wat lootjies vir die skaap gekoop het en ook almal wat BARC in die algemeen ondersteun en ook hulle winkel besoek. Sy verduidelik ook dat daar ‘n groot verskil tussen welsynwerk vir diere is en die beskerming en red van diere, wat BARC se hoofdoel is. Om honde dus op ‘n gereelde basis te voer, is ‘n pragtige gebaar, maar volhoubare versorging, beskerming, behandeling en redding van mishandelde en verwaarloosde diere is ‘n perd van ‘n ander kleur - daarvoor is ondersteuning, donasies en finansies broodnodig.

BARC Animal Welfare Gansbaai kan in hierdie verband ondersteun word deur middel van donasies, ondersteuning van en skenkings aan die BARC-winkel oorkant Kekkel-en-Kraai, asook met die aanneem van diere.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC se Noodkreet en Nuus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant