WCC Skole Ekspo

WCC Skole Ekspo

Gansbaai Courant

Whale Coast Conservation (WCC) het onlangs hulle volhoubare ekspo’s by skole in Gansbaai en Stanford geloods. Die uitstallings en demonstrasies was van hoogstaande gehalte en die leerders het dit uiters leersaam en interessant gevind.

Eers is meer as 500 leerders van Laerskool Okkie Smuts en Die Bron Primary School deur die sowat 11 leersame uitstallings oor biodiversiteit geneem. Daarna het leerders van Gansbaai Academia en Gansbaai Primêr aan die beurt gekom.

Dr Anina Lee, Kommunikasie Bestuurder van WCC, skryf die volgende: “At the first exhibit Rob Fryer explained what biodiversity is; Shirley Volkwyn then described how we classify organisms; John Cowan told the story of water from catchment to coast and the negative impact humans have on scarce water resources; Pat Miller described why fynbos is so highly diverse and well adapted to poor soil, drought and fire; Edith Henn of CapeNature explained why African Penguins are endangered birds and what is being done to conserve them and our avian biodiversity; Sandiso Magaqa, WESSA intern at Overstrand Municipality, highlighted the marine biodiversity of a kelp bed; Sheraine van Wyk explained how a citizen-science frog and water quality monitoring project with learners from Okkie Smuts Laerskool helped to identify problems with water  pollution in Stanford; Lindy Warren illustrated the consequences of careless human actions and explored ways of reducing our impact on our biodiversity.”

Stories rakende biodiversiteit, soos geskryf deur “Stripes, the Eco Cat”, het ook die leerders se aandag vasgevang. Die opvoeders by die onderskeie skole was dit eens dat dit innoverende uitstallings was wat die leerders gehelp het om die klaskamer met die werklikheid te assosieer. In al die gevalle het die leerders in groepies om die beurt van die een uitstalling na die volgende beweeg om sodoende aan almal die geleentheid te bied om al die inligtingsessies te deurloop. Die program word deur I&J, Hermanus Botaniese Vereniging en die Nasionale Lotery ondersteun.

Navrae kan aan Whale Coast Conservation by 028-316-2527 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan wcc@ocf.org.za om onder andere die Nuusbrief te ontvang. Die webtuiste is www.whalecoastconservation.org.za.

Hardus Botha

WCC Skole Ekspo

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant