Dubbele eer vir Niel Engelbrecht

Dubbele eer vir Niel Engelbrecht

Gansbaai Courant

Hierdie knap Gr 7 leerder van Laerskool Gansbaai, Niel Engelbrecht (13), is onlangs met dubbele prestasies verras.

Eers is ‘n skrywe deur Laerskool Gansbaai uitgereik dat hy op 13 Mei vanjaar benoem is om as ‘n Leerlingraadslid op die skool se leerlingraad van 2015 te dien. “Niel het die afgelope paar maande bewys dat hy besondere leierseienskappe het en die Leierspan en personeel wil hom graag die geleentheid gee om hierdie leierseienskappe te ontwikkel en uit te bou tot voordeel van Laerskool Gansbaai en sy mede-leerders,” lui die skrywe deur die skoolhoof, mnr Eben van der Merwe. Intussen het ‘n welverdiende tweede eer oor sy pad gekom. Niel is gekies om aan vanjaar se Craven Week Kampe deel te neem.

“Ons laaste Craven Week leerder was Jaco Erasmus in 2009, sewe jaar gelede,” het mnr Van der Merwe gesê. Vir hierdie groot eer, enige laerskoolleerder se droom, het Niel hard gewerk en hy is ook verlede jaar as die skool se Sportman van die Jaar aangewys. Eers was dit Suid-Boland Proewe, Boland Proewe, Verkose Boland Laerskool Spanne en Craven Week Proewe en nou wag die Ware Jakop, 2015 se Craven Week Kampe as losvoorspeler op hom. Hierdie dubbele eer is sekerlik ‘n groot trots vir sy ouers, Danie en Leana (van Omega) Engelbrecht.

Intussen het Niel ook ‘n skrywe van sy hoërskool van volgende jaar, Hoër Landbouskool Oakdale, se skoolhoof ontvang, waarin hy gelukgewens word en dat hulle daarna uitsien om hom volgende jaar as ‘n Oakdaler te verwelkom. Leana vertel dat Niel se pa, Danie, ook 34 jaar gelede aan die Craven Week Kampe deelgeneem het, asook ‘n kleinneef aan haar kant. “Dit lyk dus of rugby in die gene is,” het sy gesê. Baie geluk aan Niel met sy prestasies en baie sterkte met sy rugby-loopbaan word hom toegewens.               

Hardus Botha

Dubbele eer vir Niel Engelbrecht

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant