Waar om te gaan vang

Waar om te gaan vang

Gansbaai Courant

Sommer groot makriele word gevang en daar is baie geelstert, maar hierdie visse is gewoonlik vol nonsens en nie almal weet hoe om hulle aan te keer nie.

Die slegte nuus is dat die geelbek blykbaar padgegee het, tog is daar die manne wat so onderlangs fluister dat hulle wel so ‘n paar gevang het. Somtyds is dit groot “brag”, maar as jy seker is die man kan vertrou word is dit belangrike inligting.

Hoe besluit jy waar om te gaan lê met die boot? Ek meen die beste raad is om eers die weer te bestudeer om te sien of dit raadsaam is. Die wyse ding is natuurlik om jou oor teen die grond te hou. Met ander woorde, luister of vra waar die manne was en wat gevang is  --  nie so maklik nie, hoor. Daar is van die ouens hier wat jy nie altyd kan glo nie, en dis liggies gestel! Hou ook in gedagte dat die plek wat jy vantevore op die GPS geplot het hierdie keer nie so produktief mag wees nie.

Die ander kwessie is dat hoewel die weer belowend lyk, is die plek wat jy in gedagte het veilig in die huidige situasie? Jy moet weet dat kondisies baie kan verskil van plek tot plek.Genoeg nou van veiligheid, daar is ander faktore wat jy ook in ag moet neem voor die finale beslissing. Kom ons neem aan jy het gehoor van die geelstert agter die Eiland. Klink mos belowend. Soos reeds gemeld is geelstert ‘n ander spesie. Die goed kan aan die loop gaan en dan is jy welkom om deel te wees daarvan. Die teenoorgestelde is net so waar. Almal sal jou verel hoe die geelsterte agter en om die boot swem en eenvoudig jou aas vermy. Dis natuurlik baie opwindend wanneer dit gebeur maar dis net so frusterend.

Afgesien van bogenomde kan hierdie visse nogal kieskeurig wees en enige Hardebaard sal jou kan vertel hiervan. Waarom hierdie lang relaas oor geelstert? Kom ons neem ook aan dat jy gehoor het dat daar makriel gevang is en in watter groot getalle. Kry nou jou prioriteie reg en besluit wat jy verkies  --  is dit die geelstert? Aangesien jy nog nie kan spog hoe bedrewe jy is met hierdie skelm visse nie sal dit ‘n beter opsie wees om vir die makriel te gaan. Liewer ‘n halwe eier as ‘n lëë dop! My punt is besluit eerder oor die beste opsie as om wildweg te gaan na ‘n plek waar jy dalk droëbek gaan sit. In elk geval, geniet jouself. Groete, Seemeeu

Waar om te gaan vang

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant