Birkenheaders tevrede

Birkenheaders tevrede

Gansbaai Courant

Birkenhead Boothengelklub se hengelaars is heel tevrede met hul boothengelkompetisie van Saterdag, 6 Junie 2015. “Dit was ‘n pragtige skuitdag waarna ons almal uitgesien,” het voorsitter Philip Fourie gesê. 5 bote het ingeskryf, waarvan 4 ingeweeg het, met ‘n totale bemanning van 13 wat deelgeneem het, waarby 2 juniors ingesluit was.

8 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 108 met 'n totale massa van 71.1kg, wat ‘n gemiddeld van 5.47kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:

swaarste vis, Rikus de Wet (Geelstert - 2.2kg);
2de swaarste vis, Johan Burmeister (Geelstert - 2.15);
swaarste sak (11.75kg), Johan Burmeister;
2de swaarste sak (10.10kg), Philip Fourie;
swaarste bootgemiddeld (10.93kg), Nu-Nu van Johan Burmeister;
2de swaarste bootgemiddeld (5.20kg), Moyeni van Rikus de Wet;
Junior Swaarste sak (3.35kg), JP Uys.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:

Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (25.23kg);
Relêks 2 van Jean Downing (19.03kg);
Oupa van Ben Uys (18.49kg).

Mans Visvangkampioene -
Philip Fourie (27.90kg);
Johan Burmeister (24.25kg);
Jean Downing (23.85kg).

Dame Visvangkampioen -
Dixie Walsh (9.4kg).

Junior Visvangkampioene -
JP Uys (18.5kg);
Hennie Groenewald (11.85kg).

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 4 Julie 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word, met klubnavrae en funksie-besprekings aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634 of Johan Wiese by 084-680-1269.

Hardus Botha

Birkenheaders tevrede

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant