Profiel Corrie Franken

Profiel Corrie Franken

Gansbaai Courant

Die bekende gesig agter Overcell Vodacom van Francois van der Westhuizen se toonbank, Corrie Franken (30), se profiel is nie op “lewensjare of ouderdom” gebaseer nie, maar beslis op haar manier van dienslewering. Geduldig, georganiseerd en sistematies, met ‘n stiptelikheid om klaar te wees met ‘n versoek wanneer sy gesê het sy sal klaar wees - sy luister na ‘n kliënt se probleem en los “gelyktydig” ‘n ander een se probleem op - tot altwee se tevredenheid.

Petronella Cornelia (Corrie) is op 12 November 1984 in Pretoria gebore. Haar pa en ma is Gawie en Kelly Linde, met Kelly wat Gansbaai Wimpy se Bestuurder sedert hulle opening is. Corrie het 3 susters: Trien (Crazy Store, Gansbaai), Jessica (Taphuis, Gansbaai) en Cathy (Pretoria). Corrie het in Hermanus grootgeword, was by Laerskool Okkie Smuts in die koshuis en daarna na Hermanus Hoërskool. Op 18-jarige ouderdom verwerf sy haar matriek via die Metro Training College en verhuis in 2002 na Gansbaai. Sy het ‘n dogter uit haar vorige huwelik, Bronwen Fourie (10) wat ‘n Gr 4-leerder van Laerskool Gansbaai is. Op 30 Maart 2012 tree sy weer in die huwelik met John Franken, ‘n bemanningslid van die vistreiler, Silver Snapper. “John het Bronwen reeds vanaf 3-jarige ouderdom soos sy eie dogter grootgemaak,” sê Corrie. Intussen het die egpaar ‘n seun ryker geword, Roy Franken (3). Aanvanklik het Corrie vir sowat 5 jaar by Elna Caravias in Shark Alley gewerk en daarna vir sowat 4 jaar by Studio Jo-Signs, waarna sy in Junie 2013 by Overcell Vodacom begin aflos het.  

Gedurende Oktober dieselfde jaar is sy permanent aangestel en moes sy haarself leer. “Daar was wel een of twee kursusse wat sy kon deurloop, maar as gevolg van die afstand na Kaapstad, moes sy haarself maar leer,” vertel Francois. “Dít het sy so goed gedoen dat kliënte gereeld na haar vra en die terugvoer oor haar dienslewering is puik.” En stokperdjies? “Nee-wat, my werk, my man, my huis en my kinders is my alles,” sê Corrie.

Hardus Botha

Profiel Corrie Franken

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant