Vroegtydige Madiba-tyd

Vroegtydige Madiba-tyd

Gansbaai Courant

 “Dit het al tradisie geword om op 18 Julie ontslape president Mandela se verjaardag te herdenk deur 67 minute van ons tyd vir ons gemeenskap te gee,” sê DA-raadslid, Riana de Coning. “Aangesien hierdie dag vanjaar binne die skoolvakansie val, het Riana, ‘n spesialis leerderondersteuner, en rdl David Botha, ‘n siviele ingenieur, ‘n beroepsvoorligtingsessie vir Gansbaai Primêr se Gr 7-leerders gereël. Die leerders is gestimuleer om buite die alledaagse denkraamwerk te dink, veral wanneer toekomstige beroepskeuses beplan word.

“Suid-Afrika is ‘n land waar gelyke geleenthede vir almal, ongeag van jou lewensomstandighede, aan almal gebied word en leerders moet dit benut,” het Riana gesê. Rdl Botha het veral die klem laat val op die breë veld in die ingenieurswese en die belangrikheid van Wiskunde en Natuurwetenskappe wat as vakke tot matriek geneem moet word. Hy het die verskeie aspekte in die beroep met behulp van videos geïllustreer. Rdl de Coning het by wyse van die analogie van ‘n muur wat gebou word, die uiters belangrike rol van die onderwyser in die suksesvolle toekoms van leerders geïllustreer. Elke onderwyser gebruik hul kundigheid en kennis in sy/haar spesifieke leerarea om  die boustene van kennis, waarmee ‘n lewensmuur gebou word, te voorsien.

Leerders wat nie  hierdie geleenthede met beide hande aangryp en hul beste lewer nie, sal gapings in hul “muur” hê wat krake sal veroorsaak en sodoende geleenthede deur hul vingers laat gly. Dit kan in die uiterste geval selfs tot gevolg hê dat die muur omval, met die gevolg dat leerders se lewens van algehele mislukking kan getuig. Onderwysers en leerders was dit eens dat hulle die sessie baie geniet het en ook baie daaruit geleer het. Riana sê ‘n opvolgsessie sal gedurende die volgende kwartaal aangebied word en ander omliggende skole sal ook genader word om van die Raadslede se kundighede gebruik te maak.

Hardus Botha

Vroegtydige Madiba-tyd

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant