Lion President ingehuldig

Lion President ingehuldig

Gansbaai Courant

Dit was weer dié tyd van die jaar vir Gansbaai Lionsklub - hulle nuwe Lion President is op Saterdag, 13 Junie 2015 ingehuldig.

Die dame wat die verantwoordelike leisels by Boats van Staden oorgeneem het, is Ina Ogilvie van Swellendam wat binnekort na Pearly Beach verhuis. “Ons het almal ‘n taak gekry die dag toe ons ‘ja’ gesê het vir die Lions,” het Ina gesê. “Alleen kan ons nie veel vermag nie, maar as ‘n span, elkeen met sy eie talente en voorkeure, kan ons ‘n verskil in ons onmiddellike omgewing maak.”

Sy het afgesluit met Mahatma Gandhi wat gesê het: “You must be the change that you wish to see in the world!” Die geleentheid was ‘n gesellige ontbyt in Tolbos Bristo van Annemarie Watney, met hulle bobaas sjef, Wayne Devitt, wat vir ‘n smaaklike Bruschetta ontbyt gesorg het. Johanna het ‘n fynbos-handruiker aan elke dame oorhandig, met dank aan Alet Naudé vir die fynbos. Heildronke is onderskeidelik op RSA (Johanna le Roux) en Lions Internasionaal (Arend van Zyl) ingestel. Boats van Staden, wat na twee agtereenvolgende termyne, plus ‘n vorige termyn, as Lion President uitgetree het, het ‘n volledige verslag oor die jaar se aktiwiteite voorgehou.

Daarna is die nuwe Lion President deur James Stigant ingehuldig. Jan le Roux het twee nuwe lede, Geert Willemse en Betty de Visscher van België ingehuldig.

Boats het die volgende oorhandigings waargeneem: Jan le Roux (Lion van die Jaar); Johanna le Roux (Presidentstrofee); Gert Louw (Projek van die Jaar). Gansbaai Lionsklub se 2015/2016 ampsdraers is soos volg: Ina Ogilvie (President), Johanna le Roux (Visie President, Sekretaresse en Reklame), Boats van Staden (Tesourier), Jan le Roux (Nuwe Lidmaatskap), Arend van Zy (Leeutemmer) en Christa de Vries (Draaksteker).

Hardus Botha

Lion President ingehuldig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant