'n Vader wat lief het en vergewe!

'n Vader wat lief het en vergewe!

Gansbaai Courant

 “En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk. 15:20) 

Sondag is Vadersdag. Orals word dit geadverteer en ’n ophef daarvan gemaak, want die winkeleienaars en die handel buit die dag uit as ’n bemarkingstrategie. Tog dink ek dat ons te min maak van ware vaderliefde en wat vaders bereid is om vir hulle kinders op te offer. Dit is dan ook Jesus wat aan die mens op aarde kom wys het hoe lief die Hemelse Vader ons het. Jesus het ons kom wys hoe om in ’n volmaakte verhouding met ons Hemelse Vader te leef. In die gelykenis van die verlore seun beeld Hy juis vir ons uit hóé anders GOD die Vader is. Al was die seun (wat eintlik na jou en my verwys) hoe verkeerd in sy optrede en het hy al sy vader se besittings uitgemors, het sy vader hom met ope arms verwelkom die dag toe hy besluit het om huis toe te gaan. Want jy sien, ons almal het nodig om in ons lewe weer die liefdevolle arms van ’n vader om ons te voel. ’n Mens noem dit genade!

Ernest Hemingway vertel die verhaal van ware vaderliefde en hoe groot die behoefte van kinders aan liefde en genade is. ’n Spaanse vader het besluit om te versoen met sy seun wat weggeloop het en sy lewe met dwelms en prostitute opgemors het. In die Sondagkoerant het hy ’n berig geplaas: “PACO, ONTMOET MY BY HOTEL MONTANA. DINSDAG 12 UUR. ALLES IS VERGEWE. PAPPA.”  Paco is ’n algemene naam in Spanje (soos Johan en Marie in Suid-Afrika.) Toe die pa die die Dinsdag 12 uur by die hotel opdaag is daar agt honderd jong mans met die naam Paco – almal wag vir hulle vaders!

Vadersdag is dalk hierdie jaar die geleentheid wat ons almal besluit om terug te keer na ons hemelse Vader se huis. Nêrens anders in enige ander godsdiens gaan jy die onvoorwaardelike liefde ontvang wat deur Jesus se Pa aan jou gegee is nie. Hy staan en uitkyk vir jou. Hy wag vir jou. As jy teruggaan na jou Pa se huis sal Hy jou tegemoet hardloop  - met oop arms jou verwelkom en jou styf  teen Hom vasdruk. En o, daardie soen van liefde en vergifnis wat Hy jou gee maak die besluit om terug te keer só heerlik en vertroostend! Hoekom langer wag? Kom ons doen dit!

'n Vader wat lief het en vergewe!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant