Ou Dok is terug

Ou Dok is terug

Gansbaai Courant

Dr Christo Barnard, Gansbaai se geliefde "Ou Dok", is weer perdfris en terug in sy spreekkamer. Dis goeie nuus vir mense wat bekommerd was omdat Dokter hierdie keer self 'n pasiënt was. Dr Christo is in Maart op sy fiets raakgery en moes saam met verskeie ernstige beserings, ook 'n tweede heupvervangingsoperasie ondergaan. Taai soos 'n ratel het hy gou ten spyte van groot pyn weer begin werk "omdat siek mense my nodig het". Na die operasie was hy egter verplig om tyd af te vat om aan te sterk. Maar nou is hy weer fris en gesond en heeldag in die spreekkamer.

Dokter Christo is baie dankbaar vir al die goeie wense, boodskappe en veral vir mense se geduld in die moeilike tyd wat verby is. "Ek weet mense het vir my gebid en dit het my sterk gemaak. 'n Baie groot dankie ook aan die span van Overstrand Medical Response wat so bekwaam na-ure vir my ingestaan het, daar was baie goeie terugvoer van mense wat elke aand na hulle deurgeskakel is," sê hy. Die bekende spreekkamer in Barnard Str 27, is oudergewoonte bedags van 8 uur tot 5 uur oop en Saterdae van 9 tot 12.

Dr Christo is ook die dorp se "na-ure dokter" wat selfs met krukke en ten spyte van sy eie pyn, steeds snags uitgegaan het om noodgevalle te behandel en nie skrik vir ons bibberwinter wanneer daar 'n krisis is nie.

 Carien Crafford

Ou Dok is terug

Carien Crafford

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant