Promosie: Gesinstroeteldier-ekspo vir Mega Park

Promosie: Gesinstroeteldier-ekspo vir Mega Park

Gansbaai Courant

Troeteldier liefhebbers, -telers en -eienaars kan nader staan Overberg toe vir Mega Park se eerste troeteldier-ekspo. Boonop word moderne tegnologie toegepas om van die land se mooiste troeteldiere by nuwe eienaars uit te kry, met ‘n binnenshuise, grootskerm-veiling.

Woensdag, 1 tot Saterdag 4 Julie is dit tyd vir MEGA PetEx, ‘n troetel – en plaasdier ekspo by Mega Park, Bredasdorp. ‘n Mooi verskeidenheid honde, asemrowende katte, miniatuurperdjies, Koivisse, ‘n reuse verskeidenheid konyne, papegaaie, van die mooiste skoupluimvee ter wêreld, die vreemdsoortige emus en nog talle ander diere sal weerbestand, alles binnenshuis ten toon gestel word.

‘n Hoogtepunt van die troeteldier ekspo is die Suid-Afrikaanse Skou Pluimvee Kampioenskap en grootskerm-veiling wat op Vrydag, 3 Julie by Mega PetEx gehou word. Volgens Albert Lingenfelder, Nasionale Voorsitter van SASPO is meer as 3000 pluimvee inskrywings reeds ontvang.

Hy is opgewonde daaroor dat die nasionale Kampioenskap skou tydens Mega PetEx gehou kan word. Albert is van mening dat die verantwoordelikheid om diere te versorg die nekslag kan wees vir toenemende misdaad, dwelms, en werkloosheid. “Troeteldiere bring verantwoordelikheid en pligsbesef mee.” Telers en skou-pluimvee eienaars wat graag rasegte hoenders wil koop kan dit doen tydens die heel eerste regstreekse kamera-skerm troeteldierveiling, na afloop van die skou pluimvee beoordeling. “Kopers moet net daar wees en elke voël sal op grootskerm na hulle toe gebring word vir koopbesluite.”

Ywerige tuiniers met troeteldiere, wat die beste troeteldiervriendelike en –bestaande tuinwenke wil kry moet nou reeds ‘n bespreking maak vir “Tuinmaak vir diereliefhebbers” aangebied deur Willie Schmidt, tuin-ghoeroe van kykNET se Pasella opSaterdag 4 Julie om 10:30 by lizelle@agrimega.co.za / 028 424 2890. Willie se kreatiwiteit en passie is ‘n natuurlike inspirasie. Hy boer ook self met skropperige skouhoenders.

Boerboel-liefhebbers en ander honde-eienaars mag nie die Wes-Kaap Boerboel Streekkampioenskap en - keuring misloop wat Saterdag, 4 Julie by Mega PetEx plaasvind nie! Boerboele is kenmerkend aan hul grootte en sal volgens ouderdom kategorieë beoordeel word.  

Inskrywings sluit Woensdag, 1 Julie en Boerboeltelers het dus nog geleentheid om hul rasegte Boerboele in te skryf.

Ouers en kinders kan kom uitvind  wie die wenners is van die beoordeling van ‘n troeteldierkompetisie vir plaaslike skoliere. Katte word volgens die tema ‘ A winter’s tail” aangetrek en daar is ook ‘n prys vir die hond wat die meeste na sy baas lyk!

Kinders kan op ‘n regte ossewa- en perdekarretjie ry en op ‘n ponie kom gallop. Vir die kleintjies is daar die interaktiewe plaaswerf met plaasdiere, waar  ma en pa ‘n ogie kan hou terwyl hulle piekniek met piekniekmandjies wat by die ekspo beskikbaarsal wees, sowel as die nuutste troeteldier bykomstighede.

Dit is heerlike vakansie vermaak vir die hele gesin met interaktiewe sessies, troeteldier rasbesprekings  en - bekendstellings sowel as vertonings. Kaartjies is by die toegangshek teen R40 per volwassene en R10 per kind. Vir meer inligting skakel Lizelle by 028 424 2890 of epos lizelle@agrimega.co.za en vir die volledige program besoek Mega PetEx se facebook blad by www.facebook.com/MegaPetex.

Saamgestel en uitgereik deur Mega Media MEDIANAVRAE:

Lynn-Ann du Preez by media@agrimega.co.za / 028 424 2890

Promosie: Gesinstroeteldier-ekspo vir Mega Park

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant