Abraham se Sparmotor

Abraham se Sparmotor

Gansbaai Courant

 ‘n Trotse en dankbare Abraham Newman van White Shark Safaries het op Dinsdag, 23 Junie 2015 sy splinternuwe, bloedrooi “Sparmotor” in ontvangs geneem. Die motor wat deur Abraham gewen is, is ‘n Hyundai i10 Glides en is een van die 100 motors in ‘n landwye SPAR “Win-a-Car” kompetisie. Abraham, wat ook ‘n jarelange bekende gesig agter Gansbaai Toerisme se toonbank was, is nie bietjie trots nie.

“Twee weke voordat ek gehoor het dat ek die motor gewen het, het my werkgewer, Piet Smal gesê hy dink hy moet my help om ‘n motor te bekom, en toe voorsien die Here ‘n motor aan my,” het ‘n verheugde Abraham gesê. Barnerd en Eliza Europa, wat vir hom soos ouers is, was teenwoordig tydens die oorhandiging van die motor. Morkel van Niekerk, een van Gansbaai Superspar se eienaars, het gesorg vir glasies sjampanje om Abraham se groot oomblik te vier.

Nog Spar-motorwenners in die Overstrand was by Eastcliff Spar in Hermanus (eienaars: Van Niekerk-broers) - Jano Barnard van Bellville en by Gateway Superspar in Hermanus (eienaar Mike Almendro) - Anita van Zyl van Onrusrivier. Dan het die eienaars (Bern, Morkel en De Wet van Niekerk, Gerhard le Roux en Jan van Litzenburgh) van Gansbaai Superspar, Kleinmond Superspar, Eastcliff Spar en Bredasdorp Superspar addisioneel hul eie Hyundai i10 Glides aangekoop.

Dié motor is by Bredasdorp Superspar deur me Neethling van die plaas Tierkloof by Klipdale gewen. Dit blyk dus dat Overstrand beslis goed by die Spar-motorkompetisie gebaat het - drie van die landwye Sparmotors en een wat hier addisioneel aangekoop is.

 Hardus Botha

Abraham se Sparmotor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant