Gansbaai Jeug se Jeugdagbesoeke

Gansbaai Jeug se Jeugdagbesoeke

Gansbaai Courant

Gansbaai Jeug, wat vroeër vanjaar behoorlik op die been gekom het met Gansbaai se voormalige Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill as voorsitter, het onlangs op Jeugdag welwillendheidsbesoeke by Tehuise vir Bejaardes afgelê.

“Ons het gesorg vir genoeg cup cakes en ander koekies en dit was weer eens ‘n belewenis om die inwoners se opgewondenheid gade te slaan terwyl ons gesellig met hulle verkeer het,” vertel Elzaan. Van die kerngroep se lede wat Elzaan vergesel het, is Nkosinathi Ally Msweli (ondervoorsitter), Stefan Kruger, Daniel Boshoff, Robert Dahl en sy vriendin, met rdl Riana de Coning wat as gas van Gansbaai Jeug die besoeke meegemaak het. Hierdie welwillendheidsbesoeke is by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum afgelê en Elzaan sê hulle is deurgaans met ope arms en dankbare vriendelikheid ontvang en hulle het heerlik en spontaan met die onderskeie inwoners gelag en gesels.

Gansbaai Jeuggroep is vroeër vanjaar onder aanmoediging van Gansbaai Toerisme in die lewe geroep en Elzaan sê hulle beskou hulself as ‘n multi-kulturele groep jongmense van tussen 16 en 30 jaar jonk. Enkele beplanningsvergaderings is al agter die rug en goeie vordering vir ‘n Gansbaai Talentkompetisie is reeds gemaak. Ander idees wat ook op hul “jeugspyskaart” is, is ‘n sport- of boeresportdag, skattejag, nagskattejag, fliekaand, musiekaand, speletjiesaand en veel meer.

Alle jeuglede (16-30) van die omgewing is welkom om by hulle aan te sluit om te help bewys dat Gansbaai se jeug “tops” kan wees. Die groep is reeds op Facebook as “Gansbaai Jeug”. Vir navrae kan Elzaan van Lill by 079-880-4035 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaijeug@gmail.co.

Hardus Botha

Gansbaai Jeug se Jeugdagbesoeke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant