Doulene se 10de Toerismejaar

Doulene se 10de Toerismejaar

Gansbaai Courant

“Die honorarium wat ek ontvang het, het my onverhoeds betrap en ek is nog steeds sprakeloos,” het Doulene Els (25) gesê tydens die oorhandiging van ‘n honorarium aan haar ná 10 jaar se getroue diens in Gansbaai Toerisme.

“Dit beteken baie vir my en ek het groot waardering dat my Bestuurder en die Toerisme Komitee, saam met wie ek op ‘n daaglikse basis saamwerk, tevrede is met die werk wat ek lewer.”

Doulene is op 14 Julie 1990 in Pretoria gebore, maar het haar laerskooljare by Laerskool Gansbaai deurloop en was een van die eerste leerders wat tot by Gr 9 daar was. Daarna is sy na Hermanus Hoërskool waar sy matrikuleer. “Eintlik het ek nie ‘n ‘na-skool’ gedeelte nie,” vertel sy. “Ek het direk na matriek as ‘n student by Gansbaai Toerisme aangebly.” Sy het in 2008 in die ouderdom van 17 jaar by Gansbaai Toerisme begin werk en moes 40 uur prakties doen vir haar Reis en Toerisme. In Februarie 2008 is sy permanent as ‘n Inligtingsbeampte aangestel en in Februarie 2009 is sy na die rang van Administratiewe- en Akkommodasie Beampte bevorder - ‘n pos wat sy steeds bekleë. “Gedurende my praktiese tydperk het ek baie by tannie Glenda Kitley en Abraham Newman geleer, maar iets wat ek vinnig moes aanleer is dat tannie Glenda eerste ding vroegoggend hou van haar koffie - sterk, met melk maar geen suiker!” Sy sê dat sy graag Reis en Toerisme wou studeer, maar omstandighede het haar dit nie toegelaat nie.

Sy het wel etlike kursusse vir Gansbaai Toerisme deurloop, soos First Aid Level 1, Site Guide Course, Cultural Site Guide, Effective Client Services, Customer Care Training, Social Media Course en tans is sy besig met ‘n Social Media Marketing Course saam met Glenda.

“Ek het oneindig baie gedurende die afgelope 10 jaar geleer en glo dat ek baie in die proses gegroei het,” sê Doulene. “Ek sou nooit kon dink dat ek só ‘n liefde vir Gansbaai en die omgeweing sou ontwikkel nie. Dit was ook ‘n voorreg om op die komitee van die Fees van die Ganse te dien, asook om nou saam met Gansbaai Sakekamer te werk en hulle administrasie sedert 2010 te behartig en ook die voorreg het om hierdie jaar as tydelike sekretaresse vir hulle op te tree.” Sy sê dat sy haar werk by Gansbaai Toerisme vir niks anders sal verruil nie, met “tannie Glenda” wat vir haar soos ‘n tweede ma geword nie. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het haarself soos volg uitgedruk: “Ek onthou die skaam meisie van 2005 wat gegroei het tot my regterhand in die kantoor, veral met haar uitstekende rekenaargeletterdheid. Vele addisionele take word sonder probleme deur haar behartig - óf op haar eie óf in samewerking met myself. Die 10 jaar wat sy hier vir ons gewerk het, het sy met liefde en entoesiasme gedoen.”

Hardus Botha

Doulene se 10de Toerismejaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant