Kleindogter in Proteaspan

Kleindogter in Proteaspan

Gansbaai Courant

Albert en Marie Potgieter van De Kelders, bekend vir hulle Feetjietuin, is die trotse oupa en ouma van Rochelle Lawson (23) wat onlangs “as ‘n verrassing” deur Netbal Suid-Afrika by die Wêreldbekergroep ingesluit is.

Rochelle is die Southern Stings se hulpverdediger en is saam met Phumza Maweni, ook ‘n verdediger, die enigste twee Wes-Kapenaars in die Proteas se 12-tal. Rochelle het haar toetsbuiging verlede maand op die Europese kampioenskap in Noord-Ierland gemaak en het slegs een dag gehad om die nasionale afrigter, Norma Plummer van haar talente te oortuig. Die Proteas neem vanaf 7 Augustus aan netbal se groot skouspel in Sydney deel. Suid-Afrika speel vooraf twee toetse teen Nieu-Seeland ter voorbereiding vir die daaropvolgende wedstryde.  

Rochelle studeer tans onderwys by UNISA. Dan staan Rochelle se suster, Roux-Jeanne Lawson (19) ook nie ver agter in die “netbal-ry” nie. Roux-Jeanne het haarself al deeglik op die gebied van netbal bewys en speel tans netbal in Johannesburg vir die USSA-toernooi vir Universiteite. Sy is ‘n eerstejaar student aan die Cape Peninsula University of Technology (CPUT) en studeer Kleinhandelbestuur. Die twee kranige netbalsusters is die dogters van Len en Anne-Marie Lawson van Welgelegen en natuurlik die kleindogters van ‘n trotse Albert en Marie Potgieter.

 Hardus Botha

Kleindogter in Proteaspan

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant