Birkenheaders is vrolikheid

Birkenheaders is vrolikheid

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub se prioriteit is maandelikse boothengelkompetisies met trotse trofeë aan die einde van die jaar, maar dis nie waar sake eindig nie. Met hulle maandelikse funksies, met of sonder kompetisies as die weer nie saamspeel nie, asook Woensdagaande se gesellige bring-en-braai’s, sorg hulle vir vele bykomende pret en plesier.

Johan en Suzette Wiese, met die hulp van John en Tollie Thompson, was vir die gesellige funksie op 6 Junie verantwoordelik. Naas die smaaklike ete en die gesellige dans op maat van Raymond Rabe se Musiekfabriek, is wynpryse aan Pop Malan en Tollie Thompson deur Marlene van Rooyen (ook haar verjaardag!) en Johan Wiese oorhandig. Dan het ‘n nuwe boothengellid, Kobus de Kock ook sy lidmaatskapsertifikaat ontvang, met sy eggenote Barbara by hom.

‘n Minuut van eerbiedige stilte is ook vir die afsterwe van boothengellid Harold Slow gehandhaaf. Die verrassing van die aand was Kobus du Toit van Vleispaleis wat, met Gail Marais se hulp, met rolstoel en al opgedaag het om die gesellige aand saam te kuier, al was dit nie op die dansbaan nie. Kobus se suster, Marlene van Zyl het as gas ook die funksie bygewoon.

Voor die oorhandiging van die kompetisiepryse, het voorsitter Philip Fourie na die onselfsugtige samewerking tussen skippers verwys. “Rikus de Wet het ons ander spesiaal geskakel om te sê waar die geelstert volop is, wat ‘n onselfsugtige gebaar van hom was,” het Philip gesê. “Dan het een van ons voormalige lede, Gawie Krugel, een van ons lede, Thys Fourie se boot gehaak en veilig hawe toe gesleep, nadat dié se boot onklaar geraak het.” Einste Philip en sy eggenote, Loraine het besluit dat Vadersdag nie vir Birkenheaders ongesiens verby kan gaan nie. Hulle het uitnodigings uitgestuur en 7 egpare het hul opwagting by hul huis in Franskraal vir ‘n gesellige Vadersdag bring-en-braai gemaak.

Die volgende boothengelkompetisie is eerskomende Saterdag, 4 Julie, met die gesellige funksie die aand. Klubnavrae: Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634; Boothengelkompetisie-navrae: Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647.

Hardus Botha

Birkenheaders is vrolikheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant