Steeds makriel

Steeds makriel

Gansbaai Courant

Die panga is om een of ander rede nie so ‘n gewilde vis nie (die smaak is dalk nie almal se keuse nie) maar daar is op die oomblik baie van hulle. En natuurlik is daar nie ‘n “size”-grootte nie. Ek dink daar sal tog mense wees wat weet om die beste uit die panga te haal.

Is jy op die regte plek op die regte tyd sal jy ook vang van hierdie makriele wat net so stoot oor die 2 ½ kg. En dis vreeslike goed! Dis darem baie verbasend dat die makriel al so lank hier by ons kuier. Daar is iets wat ek vreemd aan hierdie visse vind. Almal weet dat ‘n snoek nie sonder skubbe is nie maar wanneer jy hom op die wal hanteer is al die skubbe “afgegooi”. Skubloos dus. Terug by die makriel. Ek vind dat die kleiner visse ook sonder skubbe is maar nie hierdie groter weergawes nie. Wanneer jy hulle voorberei moet jy in die skoonmaakproses eers ontskub. Dalk is dit nie so opmerklik by die kleiner visse nie. Dat ons nog kan baljaar onder die makriel is groot rede tot dankbaarheid. Daar is ook geelbek, maar oor die algemeen nie van die grootstes nie. Van die manne doen baie moeite om hierdie visse te vang, en hulle is daar, maar die opspoor, nie van die maklikste nie.

Moet ook nie vergeet dat daar baie mooi oulywe is nie. So bietjie die dieper water in. Daar is ook kabeljou wat tussenin dwaal en indien jy so tussen die kleintjies rondvroetel (onthou hierdies moet teruggeplaas word) is die kans tog daar dat jy van die groter bulletjies kan raakloop.

Die mees gewilde plek op die oomblik bly die Moddergate, maar moet nie aanneem dat die vis daar sal wees nie. Daar is nog Grootsteen, Haaibank en Joubert se Dam, onder andere. Dis natuurlik ‘n goeie begin maar wees bereid om ook ander plekke te probeer. Daar is op die oomblik baie kleintjies, so moet nie in die versoeking kom om hulle te vang nie. Daar is wel ander baie gewilde plekke wat ook produktief kan wees. Dan is daar nog vis soos hotties en rooivis wat ook baie gewild is.

Die weer is gewoonlik bepalend of die vis met ons gaan wees, so laat jou daardeur lei. Dis egter net die groter bote wat gewoonlik die omgekrapte water kan aandurf. Wees liewer selektief en bly versigtig, môre is nog ‘n dag!

Lekker vang, Seemeeu

Steeds makriel

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant