BBos Teerpad nader voltooiing

 BBos Teerpad nader voltooiing

Gansbaai Courant

 “Twee jare gelede het die padbou 'n werklikheid geword, die aankondiging was met groot opgewondenheid ontvang en die pad nader nou voltooiing,” vertel Helena Swart, voorsitter: B’Bos Huiseienaarsverening (BBHEV). “Daar is 'n gewerskaf in die hoofstraat om sypaadjies gereed te kry, bome moet nog aangeplant word, nuwe heinings moet opgerig word en nuwe straatnaamborde gaan deur Overstrand Munisipaliteit aangebring word.”

Sy sê die hoofstraat gaan werklik 'n fees vir die oog wees, maar met al die opgewondenheid kom ook ietwat van 'n negatiewe gevoel deur sommige van die inwoners: “Die dorp gaan baie verander, ons sal nie meer veilig voel nie,” is maar een van die punte wat genoem word. “Vir die inwoners wil ek net sê, ja, ‘n teerpad bring positief en negatief, alles is nooit maanskyn en rose nie, maar ons moet die negatief verander in positief en die inwoners moet hande met die BBHEV vat en gesamentlik moet ons toesien dat dit 'n veilige en vriendelike dorp vir al die inwoners en besoekers bly.”

Helena sê baie tyd is deur die BBHEV spandeer om die Overstrand Munisipaliteit (met groot dank aan mnr Kat Myburg, Jan Nel en ander departemente) met die indentifisering en voltooiing van projekte by te staan. Onderhandelinge met die Wes-Kaapse regering het byna maandeliks plaasgevind en die BBHEV het nie "Nee" vir 'n antwoord aanvaar nie en met volgehoue druk is die bou van die pad uiteindelik aangekondig. “Bogenoemde is nie net vir die inwoners nie maar ook om besoekers welkom te laat voel, want besighede kan nie ‘n bestaan maak sonder kliënte nie,” sê Helena.

“Net ‘n vriendelike versoek aan die bestuurders van groot 4 x 4’s is om nie nou al en ook nie in die toekoms op die sypaadjies te parkeer nie, aangesien die randstene nog nie eers in plek is nie en dit is alreeds platgery.” Sy sê sy hoop dat almal die nuwe teerpad sal geniet.

Helena kan by 028-381-9206 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by tolbos@mweb.co.za.

Hardus Botha

 BBos Teerpad nader voltooiing

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant