GBIV span die seile

GBIV span die seile

Gansbaai Courant

Die Gansbaai Belastingbetalers- en Inwoners Vereniging (GBIV) het onlangs ‘n Spesiale Algemene Jaarvergadering belê vir die verkiesing van ‘n nuwe Bestuur. “In gevolge die grondwet van die GBIV moes die vergadering belê word ná die afsterwe van die vorige voorsitter, Tannie Gerda Wessels vroeër vanjaar,” sê Nico Naudé, die nuutverkose voorsitter. “Die vergadering het dit ook paslik gevind om ‘n oomblik van stilte te handhaaf om hulde te bring aan Tannie Gerda en haar onbaatsugtige bydrae wat sy in byna alle fasette van ons samelewing verrig het.”

Die nuwe Bestuur is Nico Naudé (Voorsitter), Ivy van Huyssteen (Ondervoorsitter) en Dedré Burger (Sekretaris/Penningmeester), met addisionele lede Phillip Rozenkranz en Maretha Geldenhuys. Mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het die vergadering as verteenwoordiger van die munisipaliteit bygewoon. Hy het na sy 17-jarige verbintenis met Gerda verwys en het daarna die nuwe voorsitter en bestuur gelukgewens en sterkte met hul werksaamhede toegewens.

Die GBIV, by monde van die Bestuur, rig hiermee graag ‘n uitnodiging aan al die Gansbaaiers om teen R20 per jaar lede te word. “In groter getalle is ons steun baie sterker en kan ons veel meer vermag,” het Nico gesê. Die vereniging het reeds sitting in die wyksraad wat maandeliks vergader.

“Op hierdie wyse het die gemeenskap meer direkte inspraak en deelname in die werksaamhede en dienslewering van die munisipaliteit,” sê Nico. “Ons wil ook die tegnologie beter inspan om beter kommunikasie en samewerking tussen ons lede te bewerkstellig.” Belangstellendes word genooi om hulle te skakel of ‘n e-pos aan hulle te stuur. Vanaf Augustus sal vergaderings om 18:00 te Korporasiestraat 30, Gansbaai gehou word. Dit geskied elke derde Donderdag van die maand, behalwe Oktober waar die vergaderdatum die 22ste sal wees.

“Kom word deel en geniet van die beste dienslewering in die land,” is Nico se boodskap. Hy kan by 082-903-5038 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by lida.naude@gmail.com.

Hardus Botha

GBIV span die seile

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant