Reuse Alikreukel

Reuse Alikreukel

Gansbaai Courant

 “Ek het hierdie groot ‘skulp’ etlike jare gelede by Stellenbosch uitgegrawe toe ek in diens van Telkom was en Telkomslote daar gegrawe is,” vertel Bennie Walker van De Kelders. Die breedste gedeelte van die skulp is ±19cm en dit weeg 1,5kg.

Philip Fourie van Franskraal het die volgende opmerking gemaak: “Die skulp op die foto blyk wel dié van ‘n alikreukel te wees. Kyk ons na die skulpe van tamaai groot perlemoene wat vanmelee uitgehaal is, is dit net logies dat daar ook 300 jaar gelede sulke groot alkrikke bestaan het. Dit wil voorkom asof die skulp in versteende vorm is, wat waarskynlik die rede vir die swaar gewig is.”

Philip verwys ook interessant na die naam ‘alikreukel’: “Die Tweetalige Woordeboek noem dat altwee benaminge, alikruikel en arikreukel, korrek is. Hier by ons gebruik ons lankal nie meer die ari-vorm nie, maar het interessant genoeg die twee woorde tot ‘n nuwe woord omvorm, naamlik alikreukel (dus nie alikruikel nie), of sommernet alkrik.”

Volgens Francois de Jongh se Sunbird-boek, Geïllustreerde Gids tot die Dierelewe van Suider-Afrika, is hierdie skulp die Reuse-alikreukel (Turbo sarmaticus): “Die reuse-alikreukel het ‘n groot dik, swaar skulp met redelike groot knoppies wat bydra tot sy swaarlywige voorkoms. Die reuse-alikreukel word onderskei deur kenmerkende knopperige operkuluk en deur die feit dat daar nie spiraalriwwe op die skulp is nie. Bennie het ook ‘n paar baie groot skulpe in die vorm van die mosselfamilie by Galjoenbank op die Plaat by De Kelders opgetel, waarvan een nog ‘n skulpdier ingehad het. “Dit is die eerste keer in 15 jaar dat ek hierdie groot skulpe daar aangetref het,” vertel Bennie.

In hierdie verband verwys Philip na die boek, Two Oceans: A marine guide to the marine life of Southern Africa. Die lang skulp is wel ‘n tipe Swartmossel, maar die voorbeeld en beskrywing wat my naslaangids gee, toon die grootte tot 15 cm. Die een op die foto blyk groter te wees. Dit is ook heel normaal om, veral ná sterk Noord-Wes storms, skulpe met die diertjie nog binne uitgespoel te kry.”

Die duidelikste vergelykende foto in die naslaangids verwys na die Horse mussel (Atrina squamifera), met lengtes van tot 390mm. Die uitnodiging bestaan deurgaans aan lesers om kommentaar op hierdie tipe van berigte te lewer, wat as ‘n opvolgberig benut kan word.

Hardus Botha

Reuse Alikreukel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant