Bianca en Andisiwe op suksespad

Bianca en Andisiwe op suksespad

Gansbaai Courant

Dit is duidelik dat prof Jonathan Jansen nie die Universiteit van die Oranje-Vrysaat (Kovsies) se fondse gemors het met die toekenning van volle studiebeurse aan Bianca de Koning en Andisiwe Wulana nie - twee oud-leerders van Gansbaai Academia.

Bianca was 2013 se Hoofmeisie, asook topkandidaat, terwyl Andisiwe 2014 se topkandidaat was. Altwee het vir die Junie/Julie vakansie huis toe gekom en heerlik gekuier. Bianca het haar 1ste jaar (2014) op universiteit vir die graad BSc Gedragsgenetika met 7 onderskeidings uit haar 12 modules geslaag. Tydens ‘n gesprek met haar het sy beskeie bevestig dat dit net so goed met haar in haar 2de jaar gaan.

Prof Jansen, wat Gansbaai Academia onlangs besoek het, het prontuit gesê Bianca is ‘n “darling” en sy is vir hom soos ‘n eie dogter. Bianca het gesê sy verruil haar tyd by Kovsies vir niks ter wêreld nie en praat met groot respek van prof Jansen en sê dat sy sekretaresse, Rhoda Grobler, vir haar soos ‘n ma geword het. Ongelukkig het Bianca, enkele dae na haar terugkeer na Bloemfontein, die hartseer nuus ontvang dat haar liefling-ouma, Beryl Pienaar van Gansbaai, oorlede is. Danksy ‘n borg vir haar vliegtuigkaartjie, kon Bianca wel die roudiens gister bywoon. Ondanks vele pogings, kon Gansbaai Courant ongelukkig nie met Andisiwe in aanraking kom tydens haar besoek aan Gansbaai nie. Aldus Bianca gaan dit net so goed met Andisiwe in haar eerste jaar. Sy het vir B.com Rekeningkunde ingeskryf, aangesien sy ‘n kop vir syfers het.

Altwee hierdie leerders het hul matriek onder moeilike persoonlike omstandighede met lof geslaag en daardeur gewys dat “omstandighede” nie noodwendig in die pad van sukses hoef te staan nie. Tydens prof Jansen se besoek aan Gansbaai Academia, was sy eerste opmerking: “Dit is mos hoe ‘n skool in Suid-Afrika moet lyk!”  

Hardus Botha

Bianca en Andisiwe op suksespad

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant