HaS se Dankbaarheid

HaS se Dankbaarheid

Gansbaai Courant

 “Hier by die Tehuis het een van ons inwoners, in haar negentigs, gesê hoe ouer jy word, hoe vinniger loop die tyd,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See (HaS). “Met 2015 reeds oor sy helfte, is dit beslis waar en daarom wil ons opreg dankie sê vir al die persone en instansies wat reeds oor jare heen help om in die vinnig verbygaande tyd bydraes en ondersteuning te lewer om dit vir ons inwoners meer aangenaam te maak.” John verwys met groot dankbaarheid na Gansbaai se Goue Hande se wonderlike bydraes met stumilasie-oefeninge, eetgoed, fondsinsamelingsprojekte, vele bederf van die inwoners en veel, veel meer.

“Dankie ook aan julle vir die harde werk en voorbereidings vir ons komende basaar op 25 September,” sê John. “Francia van Dyk en haar gedugte span is lankal reeds besig met die reëlings.” John verwys ook na vele donateurs wat op gebiede soos finansies, produkte, leesstof, eetgoed en veel meer waarvoor hy opreg dankbaar is. “Die Tehuis se Gholfdag is op 3 Oktober vanjaar en moet beslis nie gemis word nie,” sê John. “Gansbaai OK Foods is ons hoofborg en ons sê byvoorbaat dankie aan Gansbaai Gholfklub wat ons gaan akkommodeer.” Vele pryse is te wen, ingesluit ‘n week se verblyf by Club Mykonos. John het ook sy opregte waardering teenoor die NG Kerk vir hul bydraes op geestelike gebied, maar ook op finansiële gebied uitgespreek, wat daartoe bydra dat 8 inwoners ten volle gesubsidieer kan word. “En ons mooi tuine by die Tehuis is aan Hennie en Aletta Lochner en hulle helpers te danke,” sê John. Eerskomende Vrydag se pannekoekbakkery by die Woekermark is ten bate van HaS. Vrydag gaan egter ekstra spesiaal wees. Twee Goue Hande, Anita Botha en Ilse Klopper gaan elk met 6 panne vanaf 09:00 tot 10:00 ‘n totaal van 67 pannekoeke vir Mandeladag bak. Diegene wat van hierdie Goue Hande al gesien pannekoek bak het, sal weet dat hierdie uitdaging kinderspeletjies gaan wees. Die res van die Woekermark sal soos normaalweg verloop. In hierdie verband sê John ook baie dankie aan Gansbaai AGS-gemeente en Blompark se VGK-gemeente vir hulle voortdurende betrokkenheid.

 Hardus Botha

HaS se Dankbaarheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant