Hermanus Gr 11s by Rainbow Kids

Hermanus Gr 11s by Rainbow Kids

Gansbaai Courant

 “Vyf graad 11 leerders van Hoërskool Hermanus het onlangs saam aan ‘n gemeenskapstaak gewerk,” vertel Hayley Jordaan. “Hierdie opdrag wat hulle ontvang het vorm deel van hulle L.O. kurrikulum.”

Sy sê die eerste besluit wat die leerders moes neem, was om ‘n spesifieke behoefte in die Gansbaai gemeenskap te identifiseer en dan te besluit waar om te gaan werk. Die groepie se keuse het op die Rainbow Kids Créche in Beverley Hills geval. Die groepie wat so pragtig as ‘n span saamgewerk het, is Monique Hobkirk, Ayrton Martinengo, Mickyla Groenewald, Clara Strydom en Nicola Jordaan.

Hulle het onder andere die skoolgebou oorgeverf en ook ‘n naambord self geverf en opgesit. Verder het hulle ook geskenkpakkies met speelgoedjies en soetgoed vir die kindertjies opgemaak, asook ‘n partytjie gehou waar hulle die kinders met “hotdogs”, koek en koeldrank bederf het. “Die vyf leerders wil graag hulle opregte dank uitspreek vir die geleentheid wat hulle gehad het om iets betekenisvol vir Rainbow Kids Créche kon doen,” sê Hayley. “Hulle meen ook dat dít wat hulle aanvanklik bloot ‘n skooltaak beskou het, elkeen van hulle diep aan die hart geraak het.”

Hulle bedank ook graag elke individu en besigheid vir skenkings, donasies en die ondersteuning van hulle projek. “Spesiale dank ook aan Salmon Herselman van The Colour Box vir sy ondersteuning en professionele raad rakende die verf wat gebruik moes word.”

Hardus Botha

Hermanus Gr 11s by Rainbow Kids

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant