Jolette mal oor kursusse

Jolette mal oor kursusse

Gansbaai Courant

Jolette Bezuidenhout van Laerskool Gansbaai sê sy is “mal” oor kursusse. Sy is ‘n Gr 7 onderwyseres met haar vakgebied as Natuurwetenskappe en naas verlede jaar se vakansie-kursus wat sy bygewoon het, het sy gedurende hierdie vakansie weer ‘n kursus deurloop en die volgende een wag vir haar in September vanjaar - beslis ‘n positiewe manier om ‘n skoolvakansie deur te bring.

Jolette was onlangs een van 150 onderwysers van die Overberg-, Wynland-, Weskus en Metro Noord-onderwysdistrikte in die Wes-Kaap wat ‘n opwindende kursus gedurende die skoolvakansie bygewoon het. Die kursusse is by die Opvoedkunde-fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch (US) aangebied en is deur die universiteit se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) geborg. Op haar spesialis-gebied het sy die kursus in Natuurwetenskappe (Seniorfase: Gr 7 tot Gr 9) bygewoon, wat Fisiese Wetenskap en alles wat daarmee gepaard gaan behels. Alle kursusse word met die volle ondersteuning en hulp van die betrokke Departemente van Onderwys en hul onderskeie streke aangebied.

SUNSEP se e-leer-praktyk-gebaseerde professionele leerprogramme, aangebied in ‘n gemengde-leer-formaat, is in ooreenstemming met e-leer strategieë in die Wes- en Noord-Kaap Departemente van Onderwys. Die tablette dien as hulpmiddel om onderwysers voor te berei om deel van ‘n globale digitale onderrigomgewing te wees. Hierdie groep onderwysers sal gereed wees as die verwagte WiFi sones by verskeie skole in die Wes-Kaap gevestig gaan word. Die tablette hiervoor is vooraf gelaai met modules met interaktiewe e-lesse en die onderwysers sal vertroud raak met die gebruik daarvan in Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap en Natuurwetenskappe. Die US se leerstrategie is ook hiermee belyn om te verseker dat onderwysers, so ook Jolette, gereed is om hierdie nuwe en opwindende strategieë in hul klaskamers te implementeer.

Hardus Botha

Jolette mal oor kursusse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant