Alida maak hengel-geskiedenis

Alida maak hengel-geskiedenis

Gansbaai Courant

Saterdag was dit weer Hengelkompetisie te Pearly Beach deur die Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub. Isolde Smith, sekretaresse van die klub, vertel dat Alida Strydom behoorlik geskiedenis gemaak het.

“Alida is die eerste dame in ons klub om ‘n hengelkompetisie te wen,” vertel Isolde. “Hierdie prestasie het sy behaal deur twee galjoene van onderskeidelik 1.25kg en 1.4kg te vang, asook ‘n steenbras van 2.45kg!” Isolde sê al was Deon Strydom se sak swaarder, het Alida se visse meer punte getel en was sy die kompetisiewenner. Deon het darem 2de met swaarste sak en grootste vis gekom, met Ewan Swart 3de, Dennis Morries Jr 4de en Jaycee Krynauw 5de. Sy sê Alida wen natuurlik ook die dameskompetisie, met Fanie du Toit wat die seniors se kompetisie gewen. In totaal was daar 55 deelnemers, met 9 hengelaars wat 16 visse ingeweeg het. “Na die inweeg het almal lekker by die Winter-kersligete saamgekuier, waar Gian Groen en Green Liberty ons met hulle uitstekende musiek vermaak het,” sê Isolde. “Dankie aan al die deelnemers, ondersteuners en borge wat bygedra het om die dag so ‘n sukses te maak.”

Klubnavrae kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word.

Hardus Botha

Alida maak hengel-geskiedenis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant