Randall Wicomb in Gansbaai

Randall Wicomb in Gansbaai

Gansbaai Courant

Goeie nuus vir aanhangers van Randall Wicomb is dat hy eersdaags in Gansbaai gaan optree.

Die NG-gemeente se Vrouediens reël ‘n oggend vir Mans en Dames saam met hom in die Pretoriussaal. Dit beloof om ‘n gesellige oggend te wees, met ‘n smaaklike ete en heerlike saamkuier.

Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiek-bedryf beskou en het oor meer as vier dekades grens verskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hy is ‘n gebore Kapenaar wat sy Honneursgraad in Ekologie verwerf het en eers by die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch onderwys gegee het, met verskeie Goue Status musiektoekennings wat hy reeds vir sy uitreikings ontvang het. Sedert 2000 het Randall met sy toonsettings van Hans du Plessis se Griekwa Psalms meer as vyftig vertonings in ‘n jaar deur Suid-Afrika gehad. Hiervoor is hy deur die die ATKV vereer in die katagorie ‘Beste Gospelsanger’. Sy toonsettings van Adam Small se verse op die CD “Oos Wes, Tuis Bes” is deur Die Burger as Album van die Jaar (2003) bekroon. Randall se ervaring as koorlid van die Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van die legendariese koormeester Philip McClaglan, gee besondere diepte aan sy toonsettings en uitvoerings wat van die gewone iets buitengewoon besonders maak. Vandag, na meer as veertig jaar in die musiekbedryf, dwing sy nimmereindigende energie, liefde en passie vir musiek steeds bewondering af. Hy sing ook graag eenvoudige ballades, dramatiese en tot gereformeerde toonsettings wat in die Giekwa Psalms en ander verse-styl is. Hy is reeds vir vele jare ‘n kopersmid, stel ook belang in pottebakkery, Bonsai plante  en astronomie. Randall gaan op Saterdag, 8 Augustus 2015 om 09:00 vir 09:30 in die Pretoriussaal ten bate van die NG Kerk Vrouediens optree. Kaartjies beloop R100 per persoon, waarby ‘n ete ingesluit is. Vir kaartjies kan Elcine Hulme by 028-388-0814 of 082-564-1959 geskakel word.

Hardus Botha

Randall Wicomb in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant