Gesellige Sakekameraand

Gesellige Sakekameraand

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer het, onder voorsitterskap van Kobus van Staden, ‘n gesellige lede-aand gereël. “Die doel was dat die lede vir die eerste keer gesellig saam met die nuutverkose komitee kon verkeer,” sê Kobus van Staden, voorsitter.

Twee gassprekers, Johan Reyneke van “Swellie Watch” en Gabbi Jonker van Flower Valley Development Centre is genooi om die lede te kom toespreek. Gabbi het na die uitstaande ontwikkeling en groei van Flower Valley Development Centre verwys en die lede gevra om hulle Mandeladag aktiwiteite te ondersteun.

“The four early learning schools in the region are Flower Valley’s Early Learning Centre on Flower Valley Farm, Dolfyntjies in Pearly Beach and Takalane and Good Hope ECD Centres, both in Masakhane,” het sy gesê. Die hoofgasspreker was Johan Reyneke. “Na my besoek aan Swellendam, het ek Johan hierheen genooi om inligting beskikbaar te stel om ‘n soortgelyke Kamera Projek in Gansbaai te loods, veral teen perlemoenstropers en ander misdade,” het Kobus gesê.

Johan is die Programbestuurder van die Swellie Watch Kamera Projek in Swellendam en sy gesprek met die lede het kortliks op die volgende neergekom: “Swellie Watch is ‘n geregistreerde NPC Projek wat deur Swellendam gemeenskap, in samewerking met die munisipaliteit bedryf word. Die kameras is ‘n LPR sisteem wat motors se nommerplate lees en op so 'n manier bendes, smokkelaars, dwelmagente en booswigte, met SAP Saaknommers teen voertuie, kan uitwys en opspoor. Die stelsel is per sagteware data verbind aan plekke in die Kaap, Worcester, George, ens. Dit maak dit moontlik dat dorpe in die Wes-Kaap kan hande vat en saamwerk om dit wat vir ons kosbaar is, effektief te kan beskerm teen booswigte.” Kobus het die lede gevra om ernstig hieroor na te dink.

“Dan doen ek ook ‘n ernstige beroep op alle lede, asook alle besighede en die gemeenskap om bloed te skenk, gesien in die lig van die geweldige tekort aan bloed wat tans heers,” het Kobus ook gesê.

Hardus Botha

Gesellige Sakekameraand

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant