Gansbaai Courant ontmoet Fijnbosch

Gansbaai Courant ontmoet Fijnbosch

Gansbaai Courant

Dit was Olga Swanepoel van die Wacky Whalers Kwiltgroep in Gansbaai se (Nederlandse!) opmerking tydens Gansbaai Courant se fotosessie van ‘n spesiale kwilt met Gansbaai Fijnbosch daarop uitgewerk.

“Elke jaar beplan ons ‘n spesiale kwiltwerk waarvoor lootjies verkoop word om aan ‘n liefdadigheidsorganisasie te skenk,” vertel Olga. “Ons het besluit ons is moeg vir bedel vir lootjie-verkope en het besluit om ‘n ander roete te volg.” Die groep het toe besluit om ‘n spesiale kwilt van hoogstaande gehalte te maak wat vir dieselfde doel opgeveil kan word. Hulle het die “Gansbaai Fijnbosch” kwilt, ‘n kleurvolle kwilt van 2.09m by 2.40m, vir die 18de Suid-Afrikaanse Kwiltfees gedurende Julie vanjaar in Durban ingeskryf. Die dames se stoutste verwagtinge is oortref: ‘n Tweede plek vir hulle kwilt by ‘n baie groot Kwiltfees! “Uitstekende en opbouende opmerkings is in die 3 beoordelaars se bevindinge ingebou,” vertel ‘n trotse Olga.

“Ons het ‘n jaar en 3 maande aan die kwilt gewerk, wat nou teen R18,000 beskikbaar is.” ‘Local is Lekker’ is as tema voorgestel en Olga het die patroon ontwerp. Sy het die kwilt in 18 blokke opgedeel en inheemse blomme aan Gansbaai geskets, met die lede wat kon kies watter blom hulle voor kans sien en die dames het begin besig raak.

Die lede wat aan die kwilt gewerk het, is Adrie Wessels, Grietjie Meyer, Hettie Lass, Lydia Voigt, Mausie Pienaar, Margaret Clarence, Mariana Meye, Nettie le Roux, Olga Swanepoel, Rentia van Jaarsveld, Rika Hoffman, Suzette Reyneke en Liz Levey. Appliek- en borduurwerk moes gedoen word en vele lappies moes uitgesoek en uitgeruil word om by die kleurskemas aan te pas. Van die dames het meer as een blok geneem en toe dit gereed is, het hulle bymekaargekom, waarna ‘n paar stroke gesny is om tussen die blokke in te voeg om dit aanmekaar te heg.

“Dit was ‘n gemeet en gepas en gesny en gestik vir die vale en Mausie het elke blom se botaniese naam met haar borduurmasjien aangebring,” vertel Olga. “Ek en Rentia is biblioteek toe vir navorsing oor inheemse skoenlappers van ons omgewing, wat toe met materiaalverf geskilder is om tussen die blomme aangebring te word.” Olga sê die Wacky Whalers het tussendeur nog 3 kwilts voltooi wat aan Standford Kinderhuis geskenk is sodat die kinders lekker warm kan slaap.

Belangstellendes in kwiltdinge kan vir Rika Hoffman by 028-384-1697 of 072-691-7675 skakel.

Hardus Botha

Gansbaai Courant ontmoet Fijnbosch

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant