Gelukkig is almal wat....

Gelukkig is almal wat....

Gansbaai Courant

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”

(Mat. 5:3 – 1983 Vertaling)

Dalk ken jy hierdie volgende vertaling van Matteus 5:3:

“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” (Mat 5:3 - 1953 –Vertaling)

Of die vertaling in Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat van GOD se goedheid en sorg afhanklik is. Hulle sal definitief ’n plek kry in Sy nuwe wêreld.”

Dit maak nie saak watter vertaling jy van die Bybel, GOD se Woord,  lees nie: Jy is op soek na GOD se wil en jy wil gelukkig wees, geseënd wees. (“Blessed are the poor in spirit: for theirs is the kingdom of heaven.”  (Mat 5:3 – King James) O, hoe soek ons nie geluk in die daaglikse, aardse dinge nie. Ons dink baie geld kan ons gelukkig maak – dalk kan dit vir ’n kort rukkie ons tevrede laat voel, maar gou ontdek ons geld is nie alles nie. Ook nie ’n mooi motor, ’n spoggerige huis of die beste selfoon nie! Een mooi oggend word elkeen van ons wakker en dan ervaar ons hierdie gat in ons lewe. En Jesus weet dit. Daarom begin Hy Sy eerste groot preek op aarde met die volgende woorde: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Mat. 5:3)

Hierdie vers is die deur na ware lewensgeluk. As jy werklik geseënd wil lewe moet jy besef:

In hierdie wêreld is ek eintlik baie arm as ek nie leer om van GOD afhanklik te wees nie!

Dit is die basiese beginsel van GOD se koninkryk. Armoede. Ja, jy het reg gelees. Armoede. Dié mens wat besef dat niks jou kan ryk maak, nie geld of goed, vriende of die regte werk  nie, net ’n oorgawe aan GOD, kan jou werklik gelukkig maak! Dit is wat arm van gees beteken. Om te weet jy is arm op hierdie aarde lewe – maar ryk as jy GOD ken. Daar is niks wat jou groter geluk, bevrediging kan gee as dat jy weet jy ken Jesus as jou Verlosser nie. Om daagliks in ’n intieme verhouding met Jesus te lewe, waar jy met Hom gesels oor jou pyn, jou geluk, ja, alles wat jy aan kan dink – dit is geluk! Dit is oorgawe aan GOD!

Hoe kry ons hierdie ware geluk? GOD gee dit aan jou deur Sy Heilige Gees! Van die oomblik wat jy hierdie nuwe lewe (wedergeboorte) van GOD af kry (Hy gee dit!) – ja, die oomblik toe jy Jesus as jou persoonlike Verlosser aanvaar het en Sy Naam bely het – het hierdie pad van geluk begin. Dis is ’n pad wat jy moet stap. Tree vir tree. Woord vir woord. Lees GOD se Woord. Bid vir leiding. Word stil. Luister. Lees weer Sy Woord. Gee oor aan GOD. Ervaar Sy vrede. Gee alles oor. GOD weet die beste. GOD is geluk! Jy is geseënd!

Gelukkig is almal wat....

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant